Friday, June 20, 2025
HomeAgri NewsLa Motte en Leopard’s Leap kry nuwe hoof

La Motte en Leopard’s Leap kry nuwe hoof

Estimated reading time: 2 minutes

Kobie Lochner is pas aangestel as die nuwe uitvoerende hoof van Historic Wines of the Cape, die bestuursmaatskappy van die bekende La Motte Wynlandgoed en Leopard’s Leap Wines.

Lochner is tans die senior bestuurder vir groei en ontwikkeling by Heineken Beverages International en sal op 2 Junie 2025 by Historic Wines of the Cape aansluit. Volgens ’n persverklaring van Historic Wines of the Cape, bring Lochner waardevolle ondervinding, veral ten opsigte van leierskap, strategiese bestuur, en institusionele ontwikkeling na die tafel.

Lochner neem die leisels by Hein Koegelenberg oor, wat teen die einde van 2025 aftree. Koegelenberg was vir 26 jaar by die maatskappy betrokke. Hy het tydens sy loopbaan onder meer baanbrekerswerk vir Suid-Afrikaanse wyn in die Verre Ooste gedoen en is ook as ’n dinamiese figuur binne wyntoerisme bekend. Die familie en direksie van die maatskappy is opreg dankbaar vir sy waardevolle bydrae en wens hom alles van die beste vir die toekoms toe.

Koegelenberg sê: “Kobie is prestasie-gedrewe en mens-gefokus, en dus die ideale persoon om ons wynhandelsmerke in ’n nuwe fase van groei binne ’n uitdagende wêreldklimaat in te lei. Die span by Historic Wines of the Cape het hom hartlik welkom en sien uit na ’n nuwe hoofstuk onder sy leierskap.”

Om deurlopendheid en ’n soomlose oorskakeling te verseker, sal Lochner tot einde 2025 saam met Koegelenberg werk. – Persverklaring, Historic Wines of the Cape

Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar

Estimated reading time: 5 minutes Francois Rossouw (30) van Mooigezicht Estates, De Doorns, is as 2025 se Agri Wes-Kaap Santam...

LandbouRadio: 20 Junie 2025

In Vrydag, 20 Junie, se LandbouRadio wag daar die volgende op jou: Kraakvars landbounuus. Ons gesels met Jompie Burger,...

Kuilvoer in die voerkraal

Estimated reading time: 4 minutes Hoë-energie kuilvoer soos mieliekuilvoer bevat meer voedingswaarde as normale hooi. Kuilvoer is makliker verteerbaar as gevolg...

BEK-krisis: Nuwe gevalle daagliks vermeld

Estimated reading time: 5 minutes Ten spyte van gerugte dat die staat volgende week diere by Karan Beef se Heidelberg...

Melk SA se strategiese rol beklemtoon

Estimated reading time: 3 minutes Daar is elke dag minder entrepreneurs wat suiwelprodukte aan al hoe meer Suid-Afrikaanse inwoners moet...

LandbouRadio: 19 Junie 2025

Dis wat op jou wag in Donderdag, 19 Junie, se LandbouRadio: Ons gesels met dr Ben Greyling van die Landbounavorsingsraad...

Keep exploring...

Ekonomiese oorsig: Rand versterk, markpryse wissel in Junie 2024

Estimated reading time: 2 minutes Die rand het in Junie aansienlik versterk teenoor die dollar en die euro. Die rand het tydens die maand sy...

Julie se ekonomiese oorsig: Rand, graan en vleis

Estimated reading time: 2 minutes Die rand het tydens Julie redelik stabiel gebly teenoor die dollar en die euro en behou steeds ‘n sterk posisie...