Dis wat op jou wag in Donderdag, 19 Junie, se LandbouRadio:
- Ons gesels met dr Ben Greyling van die Landbounavorsingsraad (LNR) oor die belangrikheid van data en inligting vir volhoubare vleisbeesproduksie.
- Boere in die Carnarvon-omgewing praat oor die probleme wat die Square Kilometre Array (SKA)-radioteleskoop vir hulle veroorsaak.
- Dr Frikkie Maré van die RPO praat oor die uitwerking van bek-en-klouseer op die markte.
- En dr Johnny van der Merwe van AMT gee weer vir ons die graanmarknuus.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.





