HomeAdvertorialsFinaliste in die tiende Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie aangekondig

Finaliste in die tiende Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie aangekondig

Estimated reading time: 4 minutes

Plaas Media vier vanjaar ‘n hele tien jaar van sy Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie en kondig met trots die finaliste in die 2023 kompetisie aan. Vanjaar se kompetisie het 102 inskrywings ontvang wat bestaan het uit 72 mielie-, 16 hawer- en 14 voersorghum-inskrywings. Hierdie inskrywings is opgemaak uit 72 bunkers, 22 sakke en agt kuilvoerbale. Kuilvoerbale word sedert 2022 in die formele groepe ingesluit, mits dit in die mielie-, sorghum- of hawerkategorieë ingeskryf word.

Lees hierdie persverklaring in Engels hier.

Vanjaar se inskrywings

‘n Totaal van 23 maatskappye het hulself of hul kliënte in hierdie jaar se kuilvoerkompetisie ingeskryf. Die maatskappye wat ingeskryf het was Stratford Farming, Exact Silage, AFGRI Veevoere, Sentraal Suid Koöperasie (SSK), Nova Feeds / Quantum Foods, Meadow Feeds Natal, Heinz Boerdery, Kemin Industries, Strapping & Profile Manufacturers, Nutribase, Witwildt CC, TWK Agri, Sparta Beef Marquard, Sparta Beef Taaiboschbult, Budissa Bagger, Pioneer Saad, Pannar Saad, Lake Agriculture, Summer Crest Trading, Faber Familietrust, Winterstorm Investments, Hulley Brothers en Simpson & Son Farming.

Lees meer oor die Santam kuilvoerkompetisie hier.

Borge

Die hoofborg van vanjaar se kuilvoerkompetisie was weereens Santam Landbou, wat sedert die aanvang van die kompetisie as naamborg optree. Die prysborge is Pannar Saad, Kemin Industries, Strapping & Profile Manufacturers, Nutribase, Pioneer Saad, TWK Agri en ‘n nuwe borg, Orkel. Die laboratoriumborg vir die monsterontleding is Labworld.

Monsterneming

Die monsterneming is deur twee nagraadse Veekundestudente van die Universiteit van Pretoria gedoen. Die studente is Jan-Hendrik Blignaut en Phillip Pretorius. Richardt Venter van AgSci Unlimited, die kompetisie se mede-koördineerder, het die studente tydens ‘n spesiale opleidingsdag in die monsternemingsproses opgelei.

Die monsters is deur dr Elrisa Taljaard en haar span by Labworld getoets. Die data-ontleding is deur die beskermheer van die kompetisieprotokol, prof Robin Meeske, van die Wes-Kaapse Departement van Landbou se Outeniqua Navorsingsplaas gedoen.

Ontmoet die finaliste

Daar is drie formele kategorieë waarin finaliste aangekondig word, naamlik mielie-, voersorghum- en hawerkuilvoer. Daar is een oop kategorie waarin ander gewasse ingeskryf kan word, maar geen finaliste word daarvoor aangekondig word nie en daar word ook geen wenner aangewys nie. Hierdie inskrywings ontvang slegs ‘n verslag met hul kuilvoerontleding.

Vanjaar se mieliekuilvoerkategorie het gespog met ou bekendes wat weer deelgeneem het. Hier is die mieliekuilvoer-kategoriefinaliste in alfabetiese volgorde:

Uitstekende resultate is in die kleingraan-kuilvoerkategorie behaal. Hier is die kleingraan (hawer)-finaliste in alfabetiese volgorde:

Hier is vanjaar se voersorghumkuilvoerfinaliste in alfabetiese volgorde:

Die wenners sal tydens ‘n kuilvoerkongres wat op 28 November in Pretoria plaasvind, aangekondig word. Die wenners sal ook op ons verskeie sosiale media-platforms bekendgemaak word. Maak dus seker jy hou die Plaas Media-, Veeplaas Tydskrif- en Stockfarm Tydskrif-Facebookblaaie op die dag dop! – Press release, Plaas Media

Vir meer inligting rakende die kompetisie, 2023-inskrywings, of ander navrae, kontak Deidré Louw by 066 231 2430 of epos deidre@plaasmedia.co.za

LandbouRadio: 6 April 2026

In Maandag, 6 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met onkruidkenner, prof Charlie Reinhardt,...

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met die titel van Landbounavorsingsraad (LNR)...

LandbouRadio: 3 April 2026

In Vrydag, 3 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met 'n plaasvars landbounuusbulletin. ⁠Tydens die...

What is the worst that can happen?

Estimated reading time: 3 minutes Risk is the likelihood of damage or loss. Peril, on the other hand, is the...

Government and ARC gives update on FMD vaccine numbers

Estimated reading time: 3 minutes The Agricultural Research Council (ARC) confirmed on 1 April that it has released another 20 000...

26th AFSTA Congress: Empowering Africa’s future, one seed at a time

Estimated reading time: 6 minutes Seeds are not just agricultural inputs; they embody our future, the promise of a resilient...

Keep exploring...

Landboumarkte: April 2025 ’n goeie maand vir rooivleispryse

Estimated reading time: 2 minutes In die maand verslag vir April 2025 sien ons dat die rand aan die begin van die maand verswak het,...

Landboumarkte: Mei 2025 Die styging in skaapvleispryse begin taan

Estimated reading time: 3 minutes Gedurende Mei 2025 het ons gesien hoe die rand stelselmatig teenoor die Amerikaanse dollar versterk het en die maand afsluit...