Monday, March 10, 2025
HomeAgri NewsCharolais-bul kraai koning by 2024 Elite-bulgroeitoetsklas

Charolais-bul kraai koning by 2024 Elite-bulgroeitoetsklas

Die Charolais-bul, Louwcoe Daniel CB 21119, van Louwcoe Charolais van Clocolan in die Oos-Vrystaat, is by die Bloemskou aangewys as die wenner van die Vleissentraal SA Stamboek Elite-bulgroeitoetsklas. Volgens die teler van die bul, Louwrens Viljoen, was die bulletjie een van ‘n groep van 18 Louwcoe-bulletjies wat vir die klas genomineer is.

“Ek het hom gekies want ek glo dis die tipe bul wat ons wil teel. Sy vaer, Louwcoe Ambrose, is ‘n selfgeteelde bul wat ons redelik baie in die stoet gebruik het. Hy kom uit ‘n baie goeie moederlyn. Ons gebruik reeds een van sy halfboeties in die stoet en hy is self ook ‘n baie struktureel-korrekte bul. Daniel is egter hier omdat hy die groeisyfers het. Dit wys vir ons dat die bulle wat ons gebruik, wel nageslag teel wat ons in die stoet kan gebruik en wat uitstaan in die ras.”

Bulgroeitoetsklas: Oog en syfers ontmoet

Louwrens sê die feit dat die bulgroeitoetsklas twee belangrike seleksiekriteria bymekaarbring, naamlik groeisyfers en visuele aspekte, is baie belangrik. As dié twee aspekte in harmonie is, word die tree in telingsvordering al hoe groter. Dit geld nie net vir hulle eie kudde nie, maar ook vir die ras.

Die seleksieproses om genomineer te word, en dan uiteindelik as finalis te kwalifiseer, is baie streng, volgens vanjaar se hoofbeoordelaar, Llywellyn Angus. Elke rasgenootskap nomineer ‘n bulletjie op grond van sy groeisyfers en bouvormkorrektheid, waarna die kandidate dan in die skouring visueel beoordeel word.

“Vanjaar was daar 21 bulle in die ring, waarvan die finale vyf na die volgende rondte van beoordeling deurgedring het. Daarna is die top drie bulle geselekteer, waaruit die uiteindelike wenner dan aangewys is. Dis belangrik om te besef dat elke bul binne die konteks van sy eie ras se standaard van voortreflikheid beoordeel word. Dit is die vyf bulle met die hoogste persentasiepunte in hierdie beoordeling wat dan deurdring na die volgende rondte.”

Kenmerke wat die deurslag gee

Die top drie bulle was ‘n Limousin, Rooi Angus en die Charolais wat uiteindelik as wenner gekroon is. “Die Charolais het die hoogste punte gekry, terwyl die ander twee finaliste presies dieselfde punte behaal het. Wat die deurslag in die guns van die Charolais gegee het, is sy hoogstaande manlikheid, bespiering en loopvermoë.”

Die Vleissentraal SA Stamboek Elite Bulgroeitoetsklas, sê dr Japie van der Westhuizen, hoofbestuurder van SA Stamboek, is ‘n klas waarin die room van die verskillende rasgenootskappe in een ring meeding. Dit is inderdaad ‘n elite-kompetisie. “Die onderliggende doelwit van die klas,” sê hy, “is om telers aan te moedig om te meet, en eienskappe van ekonomiese belang te evalueer. Die klas bring egter ‘n tweede aspek ter sprake, naamlik die funksionele bouvorm van die bul. Hierdie twee aspekte dra dieselfde gewig. Die behoefte van die rooivleisprodusent is immers om geneties-hoogstaande bulle te gebruik wat funksioneel in staat is om hul werk te kan doen.” – Izak Hofmeyr, Veeplaas

Jongste inligting help boere voor planttyd

Estimated reading time: 5 minutes Overberg Agri het onlangs sy jaarlikse voor-plant inligtingsdag by Rietpoel naby Caledon in die Suid-Kaap...

2025 Swellendam-skou: Skou tot voordeel van gemeenskap

Estimated reading time: 7 minutes Die 193ste Swellendam-skou, wat vanjaar van 27 Februarie tot 1 Maart gehou is, was ten...

2025 Riversdal-skou: Eg plattelands

Estimated reading time: 6 minutes Riversdal-skou met sy tema “Eg Plattelands” is vanjaar vir die 157ste keer gehou en het...

Katoen-verwysingsprys: Week van 3 tot 7 Maart

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde...

RSG Landbou: 10 Maart 2025 – geborg deur BKB

Die Nasionale Dohne Merino-veiling, wat op 1 Februarie in Bloemfontein aangebied is, kan met ‘n 100%-verkoopsyfer spog en volgens...

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO....

Keep exploring...

Ekonomiese oorsig vir Maart: Landboumarkte wissel

Estimated reading time: 3 minutes Die rand het ‘n goeie maand ervaar tydens Maart en het deurlopend teenoor die dollar versterk en ‘n redelike stabiele...

Quarterly pork industry report – Quarter 1 2024

Estimated reading time: 2 minutes The quarterly pork industry report provides insights into the pig industry over the past quarter, covering several contributors to the...