Koershou met Hennie

Met trots geborg deur Toyota SA.

Hennie staan langs 'n Toyota

Toyota en die toekoms

Estimated reading time: 4 minutes

“Skot die lam liewers net uit. As hy eers geleer het om deur die voerhek te kruip, sal hy deur enige heining kan kom en boonop die res leer hoe om dit te doen.” Hierdie brokkie advies kom van Jantoni, Clive se pa, terwyl ek sukkel om ’n weerbarstige jong lam vas te hou, terwyl Clive probeer om die tralies oop te buig om sy kop uit die kruipvoerder te bevry.

Jantoni het sy herkoms op ‘n tyd nagespeur tot by een van die wit Zoeloe-hoofman, John Dunn, se 35 vrouens. Hy het vanoggend gevra of hy kan saamstap na die boonste kamp toe. Hy wou kom loer hoe dit met my dwergbokteelprojek gaan, maar eintlik dink ek hy geniet die vroegoggend-uitsig oor die plaas net soveel soos ek. Die steil pad tot daar was egter nie ‘n grap nie.

Nadat die lam bevry is en die voersakke in die voerbakke leeggemaak is, skink Clive vir ons ’n beker soet swart koffie uit die warmfles. Die stoom styg uit die koffie, net soos die mis oor die damme onder ons.


Toyota

Jantoni blaas oor sy koffie om dit te af te koel voor hy verder praat. “Ek is ernstig hoor. Dis waarom die Karoo-boere hierdie
skape destyds Dorpers laat noem het, toe Smuts nog die eerste minister was. Sommige mense gaan jou probeer oortuig dis die name van die twee skape wat gebruik was om die Dorper te teel – die Engelse Dorset Horn en die Swartkkoppersie van Somalië, maar ek het ’n neef aan my pa se kant wat vir ’n paar jaar by Grootfontein in die Karoo gewerk het waar hulle die Dorpers geteel het.

“My neef het later by my aangesluit as ’n vakleerling toe ek in Randfontein gewerk het. Hy het gesê hy het sy dae in die Karoo deurgebring deur heinings reg te maak of ontsnapte skape te vang. Soms moes hy hulle tot by die dorp volg! Hy’t gesê hý was die eerste ou wat hulle Dorpers genoem het, omdat hulle van dorp tot dorp gehardloop het.”

’n Kwynende werksmag

Ek neem ’n sluk van my koffie om my glimlag weg te steek oor dié nuwe invalshoek op die ou Dorper-grappie. Jantoni is steeds ’n vurige tradisionele Zoeloe-indoena, al het hy as dieselwerktuigkundige by myne regoor Afrika gewerk. Hy was eenkeer selfs Japan toe nadat hy ’n Komatsu-kompetisie gewen het.

In die Zoeloe-kultuur is dit nie aanvaarbaar vir middeljarige mans soos ek en Clive om vir ’n indoena van Jantoni se statuur te lag nie. Maar ek kon dit nie weerstaan om aan die ou man te karring nie. “Jy kan nie daai jong ram doodmaak net omdat hy grense wil verskuif nie. Dis dan ’n jong ram se werk. Ons moet sulke denke eerder aanmoedig, net soos die Toyota Gazoo-span dit doen. Dan kan ons ook wen.”

Jantoni is vir ’n lang ruk stil terwyl hy aan sy koffie teug. “Ja-nee,” sê hy, “jy is reg, maar van wat ek hoor is ek bevrees dit is te laat om die jong ramme aan te moedig. Bevolkingsyfers daal orals behalwe in Afrika. Wat gaan dit aan industrieë wêreldwyd doen?

“Kyk maar na Japan waar die bevolkingsyfer sedert 2008 aan die afneem is. Hoe kan daar ’n Japan sonder Japannese wees? En nog erger: Hoe kan daar ’n Hilux sonder ‘n Japan wees?”

Japan herskryf die toekoms

“Moet jou nie oor Japan of hulle handelsmerke bekommer nie,” sê Clive. “Toyota het die tekort aan werkers opgelos deur 67
fabrieke te bou naby aan waar hulle kopers bly, soos die Toyota-aanleg naby Durban.

“Dit is die aanhangers van ander handelsmerke wat bekommerd moet wees. ’n Aantal nasies teken tans meer sterfgevalle
as geboortes aan. Beplan eerder vir wat gaan gebeur as die fabrieke ’n tekort aan werkers het en hulle regerings subsidies opskort,” gaan Clive voort.

“Dit is hoekom ek maar by Toyota koop,” sê ek. “ ’n Kultuur wat vir duisende jare al die groei van Bonsai-bome as ‘n stokperdjie bedryf of wat vir meer as 1 300 jaar al dieselfde familiehotel bedryf, is myns insiens ‘n kultuur met langtermyn denke. Hulle handelsmerke gaan nie soos mis oor die damme verdwyn nie.”

Lees meer oor Toyota Connect.

“Wel,” sê Jantoni, “ek gaan beslis nie omgee as Clive vir my nog ’n paar kleinkinders wil gee nie. Hulle kan my in my groentetuin help. Ek word vir seker nie jonger nie.”

Toyota SA logo