HomeAdvertorialsBesigtig Kubota se sterre by Nampo 2024

Besigtig Kubota se sterre by Nampo 2024

Estimated reading time: 4 minutes

Smith Power Equipment sal tydens vanjaar se Nampo-week van 14 tot 17 Mei, veel meer as net hulle reeks Kubota-trekkers tentoonstel. Hulle gaan ook hul nuwe pasmaak finansieringspakkette bekendstel – spesifiek ontwerp om aan die produsent se unieke implementbehoeftes te voldoen.

Die nuwe finansieringspakkette beteken produsente kan nou die nodige implemente aanskaf, sonder om op gehalte in te boet net omdat die prys laer is. Implemente soos die formidabele nuwe Kubota EK110 Xtreme TLB met verlengde reikwydte, Kubota-trekkers, Trioliet-voermengers en verstuiwers is maar ‘n paar van die produkte wat nou binne meer produsente se bereik sal wees. Smith Power Equipment is bekend vir sy voorloper-handelsmerke wat ‘n deurslaggewende rol in bykans alle boerderyfasette vervul. Vanjaar is die maatskappy gefokus op bekostigbaarheid, finansieringsopsies en eersteklas ondersteuning sodat produsente die beste en mees gepaste toerusting vir hulle unieke behoeftes kan identifiseer.

Bekostigbaarheid eerste

Volgens Dennis van der Merwe, nasionale verkoopsbestuurder van Kubota Suid-Afrika, is implemente soos die Kubota EK110 Xtreme reeds sowat 30% meer bekostigbaar as sy mededingers. Soortgelyke besparings is regoor die implemente-spektrum beskikbaar. Benewens hierdie besparings, is Kubota-implemente boonop lig op brandstof en die enjins is maklik om te onderhou. Ander handelsmerke in die landboureeks is elkeen ‘n leier op hul gebied, is mededingend geprys, en word deur een van die grootste handelaarsnetwerke in die land ondersteun.

“Dit beteken egter nie veel vir produsente wat nie nuwe implemente kan bekostig of vir diegene wie se begrotings nie alles kan koop wat nodig is om so produktief en winsgewend as moontlik te boer nie. Ons nuwe finansieringspakkette word saamgestel met die landbouprodusent se behoeftes in gedagte en is daarom die hoof-aantrekkingskrag by ons Nampo 2024-uitstalling,” sê Van der Merwe.

Die unieke pakkette sal eers tydens Nampo onthul word, en gaan voortaan beslis die toon aangee in die bedryf. “Tesame met van die grootste banke in die land, herontwerp ons letterlik die wyse waarop plaastoerusting gefinansier word en dit behels beslis nie net die gewone ‘prima-minus’ aanbiedinge nie.”

Die maatskappy se bestuurspan asook sy verkoops- en ondersteuningspersoneel sal soos gewoonlik byderhand wees met raad en daad. Vanjaar is hulle egter ook gewapen met ‘n finansiële gereedskapskissie waarmee pasmaak aankoopopsies aan kliënte gebied kan word.

Ander Nampo-trekpleisters

Wat die uitstalruimte betref, kan besoekers verwag om ’n wye verskeidenheid trekkers, spuite, voermengers, gewasverbouings- en ander masjinerie gade te slaan. Die Kubota EK110 Xtreme gaan ongetwyfeld die oog vang met sy ses-in-een laaibak wat as ’n lem, opteller, skraper, gelykmaker, laaier, en selfs gryphaak gebruik kan word.

Kubota se stalletjie by Nampo

Die 105hp Perkins-enjin is kragtig genoeg om ekstra-swaar vragte op te lig en die laaigraaf aan te dryf. Die laaigraaf bied die bykomende voordeel dat dit met ‘n ekstra 2,4m verleng kan word vir ekstra-diep uitgrawings en ‘n groter reikafstand. Die dipper-arm beskik oor ‘n derde funksie.

Daar is talle ander toerusting te siene en veeprodusente sal beslis beïndruk wees met die nuutste reeks Trioliet-voermengers. Die reeks spuite en ander bykomstighede is vir seker ‘n goeie rede om die uitstalling te besoek en jou beursie oop te maak – maar eers nadat ons vir jou ‘n pasmaak betaalopsie uitgewerk het!

Vir meer inligting, besoek Kubota se webwerf.

Must Read

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie...