Thursday, September 12, 2024

Landbou-innovasie en gemeenskapsgees: ‘n Blik op die Upington-landbouskou

Estimated reading time: 2 minutes

Die Upington-landbouskou het vanjaar weer ‘n skatkis van verrassings en landbou-aktiwiteite gebied. Besoekers kon deelneem aan ‘n verskeidenheid geleenthede, insluitend ‘n karkaskompetisie, interrasbeoordeling, en ‘n jeugskou.

Die skou het ‘n interrasbeoordeling aangebied, wat meer ‘n interaktiewe bespreking as ‘n formele beoordeling was. Chris Goosen, die beoordelaar, het beklemtoon dat dit ‘n geleentheid vir produsente was om kennis te deel en blootstelling vir hul vee te verkry. Vyftien beeste van vyf verskillende rasse – Droughtmaster, Brahman, Sussex, Boran en Afrikaner – het deelgeneem. Die wenners is na ‘n oggend van lewendige gesprekke aangewys: Theuns Engelbrecht se Droughtmaster-bul en Gideon Botha se Boran-vers het die juniortitels ingepalm, terwyl Gert Fourie se Sussex-bul en nog ‘n Droughtmaster van Engelbrecht die seniorkategorieë oorheers het.

Lees meer oor die onlangse Griekwastad-skou hier.

Die karkaskompetisie het groot belangstelling gewek met 99 beeste en 160 skape wat ingeskryf is. Die kompetisie is gekombineer met ‘n voerkraaldag, waar kenners soos dr Coreen Visser en dr Gerhard Neethling praatjies oor onderskeidelik skaapsiektes en vleisveiligheidswetgewing aangebied het.

Dries Rupping het ook sy benadering tot stelselteling en seleksiemetodes gedeel. Na die sessies kon gaste die diere voor die slagproses besigtig. Die slaglamkompetisie se hoogste eer het gegaan aan Hannes Maritz, gevolg deur Essie Maritz. In die slagos-afdeling het Petrus Goussard eerste gekom, met Ellewee van Zyl en Theuns Engelbrecht wat tweede en derde plekke behaal het. Die super-osafdeling is deur Karsten-veeplase gewen, met Kobus Luttig in die tweede plek. – Koos du Pisanie, Plaas Media


Williston-landbouskou 2024: ‘n Vertoonvenster van uitnemendheid

Williston het van 22 tot 24 Februarie 2024 die platteland aan die gons gehad met ‘n verskeidenheid aktiwiteite en uitstallings wat tydens die jaarlikse landbouskou plaasgevind het. Hierdie Noord-Kaapse skou brei jaarliks uit en neem toe in gewildheid. Die hoogtepunte was die slaglamkompetisie, jeugskou en perdeskou.

Lees meer hier:

Must read

RSG Landbou: 12 September – geborg deur BKB

Estimated reading time: 2 minutes Daar is verskeie tipes melk op winkelrakke te koop en die verbruiker het dikwels vrae oor onder andere, die voedingswaarde van gepasteuriseerde melk. In moreoggend se RSG Landbou beantwoord Maretha...
Chris Schutte and his wife Reinette Schutte with AFMA chairperson Anina Hunter. Schutte received the Lifetime Achievement Award.

AFMA honours excellence

Estimated reading time: 4 minutes Anina Hunter of Epol Feeds was re-elected as chairperson of the Animal Feed Manufacturers Association (AFMA), while Michael Schmitz from Meadow Feeds was re-elected as vice-chairperson at the 77th AFMA...

RSG Landbou: 11 September – geborg deur BKB

Estimated reading time: 2 minutes Tyd raak min om in te skryf vir die 2024 LRF Veeskool wat vanaf 9 tot 11 Oktober by Aldam aangebied word. Die program is gefinaliseer en in vandag se...
Ruth Pringle het die Rural Knitting Project in die Oos-Kaap gestig en die Sybokhaarbemagtigingstrust gaan dit verder uitbrei na ’n brei-opleidingsprogram wat opleiding aan plaaswerkers in ses Oos-Kaapse dorpe sal verskaf.

Die Sybokhaarbemagtigingstrust: Ekonomiese vordering deur inklusiwiteit en diversiteit

Estimated reading time: 5 minutes Die Sybokhaarbemagtigingstrust funksioneer onder die sambreel van Sybokhaar Suid-Afrika en speel tans ’n deurslaggewende rol in die ekonomiese vooruitgang van Suid-Afrika, veral in die landbousektor. Die Sybokhaarbemagtigingstrust se hoofdoelwit is...

Katoen-verwysingsprys: Week van 2 tot 6 September

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee. Hierdie is slegs ’n afgeleide prys wat bereken word op...