Mei se markte: Die rand, inflasie en landboukommoditeite

Estimated reading time: 3 minutes

Die rand het tydens Mei redelik sywaarts beweeg teenoor die dollar, maar het effens teenoor die euro verswak. Die rand het die maand teen R18,78 teenoor die Amerikaanse dollar en R20,38 teenoor die euro gesluit. Die verbruikersprysindeks (VPI) het vir die tweede opeenvolgende maand gedaal terwyl die produsenteprysindeks (PPI) steeds ‘n opwaartse tendens voortgesit het. In Mei het die VPI na 5,2% (jaar-op-jaar) gedaal en die PPI het na 5,1% (jaar-op-jaar) gestyg. Die prima-uitleenkoers by onveranderd op 11,75%.

Die geelmielieprys het in Mei vir die eerste keer vanaf November 2023 gedaal. Die prys het in Mei met R158/ton gedaal en die maand teen R4 097/ton gesluit. Hierdie daling in pryse kan toegeskryf word aan die stroopseisoen wat in volle swang is.

Die wolmark (Figuur 1) het tydens Mei deurlopend verswak met die markaanwyserprys wat ‘n 3,5%-daling getoon het vanaf einde April tot en met die laaste veiling op 28 Mei. Hierdie daling in pryse kan waarskynlik toegeskryf word aan die hoeveelheid veilings wat in Mei plaasgevind het. Die aanwyserprys vir gesertifiseerde skoonwol het in Mei teen R165,80/kg gesluit. Die bokhaarmark het in Mei ‘n goeie maand beleef, met die aanwyserprys wat met meer as R10/kg gestyg het. Alhoewel die bokhaarmark sedert die eerste veiling wipplank ry, is die pryse steeds hoër as in 2023. Die aanwyserprys vir Mei het teen R392,62/kg gesluit.

Beeskarkaspryse het tydens gedurende Mei ‘n effense styging in prys getoon. Die maand het afgesluit met ‘n gemiddelde A2-prys van R55,35/kg, die B2-prys van R47,10/kg en die C2-prys van R43,43/kg. Die gemiddelde speenkalfprys het in Mei effens gedaal maar prys is steeds 5% hoër as verlede Mei. Die gemiddelde prys het teen R31,88/kg gesluit.

Die skaapkarkaspryse het tydens Mei marginale stygings getoon in sommige pryse maar ervaar steeds ‘n algehele opwaartse tendens. Die A2-prys het teen R84,82/kg gesluit, die B2-prys het gesluit teen R55,75/kg en die C2-prys het gesluit teen R56,25/kg. Die gemiddelde speenlamprys het tydens Mei steeds bly styg met pryse wat nou net so 1% laer is as laasjaar Mei maand. Die gemiddelde prys het gesluit op R40,87/kg.

 Die prys van klas O-varkkarkasse het tydens Mei gedaal en alhoewel daar stabiele pryse tydens Maart en April ervaar was, beleef die prys steeds ‘n afwaartse tendens vanaf Januarie. Die prys het die maand teen R30,52/kg afgesluit. – Meyer van der Merwe, Siphiwe Tshabalala  en WA Lombard, Departement Landbou-ekonomie, Universiteit van die Vrystaat

Rotavirus: The cause of severe diarrhoea in young calves

Estimated reading time: 5 minutes Newborn calves often present with diarrhoea, which leads to sizable...

Werkstye en rustye op Suid-Afrikaanse plase

Estimated reading time: 4 minutes In Suid-Afrika word plaaswerkers se werksure hoofsaaklik bepaal deur Sektorale...

Brahman production requires passion and vision

Estimated reading time: 8 minutes Jan van Zyl, well-known Brahman breeder of Kroon Vee...

Hou jou gronddamme goed in stand

Estimated reading time: 5 minutes Goeie instandhouding is seker een van die beste besparingsopsies wat...