Saturday, September 14, 2024

Ekonomiese oorsig vir Maart: Landboumarkte wissel

Share This Post

Estimated reading time: 3 minutes

Die rand het ‘n goeie maand ervaar tydens Maart en het deurlopend teenoor die dollar versterk en ‘n redelike stabiele maand teenoor die euro ervaar. Die rand het die maand teen R18,77 teenoor die Amerikaanse dollar en R20,24 teenoor die euro gesluit. Die verbruikersprysindeks (VPI) toon steeds ‘n opwaartse neiging terwyl die produsenteprysindeks (PPI) met 0,2% vanaf Januarie gedaal het. In Februarie het die VPI het na 5,6% (jaar-op-jaar) gestyg en die PPI het op 4,5% (jaar-op-jaar) gestaan. Die prima-uitleenkoers by onveranderd op 11,75%.  

Die geelmielieprys (Figuur 1) het steeds ‘n sterk opwaartse tendens in Maart beleef. Die prys het met R237/ton gestyg tydens Maart en ʼn hoogtepunt van R4296/ton behaal waarna die maand teen R4229/ton gesluit het. Hierdie verdere styging in die prys kan heel moontlik toegeskryf word aan ‘n 12,8% verlaging in die mielie-oesskatting en lae tot geen reënval in Maart.

Figuur van die prys van geelmielies
Figuur 1:Die prys van geelmielies.

Die wolmark het tydens Maart ‘n afwaartse tendens beleef, hierdie daling in die pryse kan toegeskryf word aan ‘n afwaartse neiging in die Australiese wolmark asook die rand wat deur die maand versterk het. Die aanwyserprys vir gesertifiseerde skoonwol het in Maart teen R166,79/kg gesluit. Die bokhaarmark is steeds op ‘n opwaartse tendens na afloop van hierdie maand se veilings. Die aanwyserprys vir Maart het teen R403,04/kg gesluit.

Beeskarkaspryse het tydens Maart weereens taamlik stabiel gebly, met die uitsondering van C2-karkaspryse wat die laagste prys sedert Julie 2023 toon. Die maand het afgesluit met ‘n gemiddelde A2-prys van R54,90/kg, die B2-prys van R46,49/kg en die C2-prys van R43,65/kg. Die gemiddelde speenkalfprys het steeds ‘n afwaartse tendens tendens Maart beleef, met hierdie afwaartse tendens is die gemiddelde speenkalfprys dus 12% laer as Maart verlede jaar. Die gemiddelde prys het teen R30,62/kg gesluit.

 Die skaapkarkaspryse het tydens Maart steeds ‘n afwaartse tendens in pryse ervaar. Die A2-prys het teen R82,82/kg gesluit, die B2-prys het teen R57,34/kg gesluit en die C2-prys het teen R50,83/kg gesluit. Die gemiddelde speenlamprys het vir die derde opeenvolgende maand ‘n afwaartse tendens getoon, die gemiddelde speenlamprys is 11% laer as Maart verlede jaar. Die gemiddelde prys het teen R36,18/kg gesluit.

Nadat die prys van klas O-varkkarkasse ‘n afwaartse tendens in pryse ervaar het vir die eerste twee maande van die jaar, het die pryse uiteindelik in Maart begin stabiliseer. Die prys het die maand teen R31,74/kg afgesluit. – Meyer van der Merwe, Siphiwe Tshabalala  en dr WA Lombard,Departement Landbou-ekonomie, Universiteit van die Vrystaat.

Related Posts

Weeklikse rooivleispryse / Weekly meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Plaashekpryse/Farm gate prices Die jongste vleispryse...

SA goat breeds suit the Zimbabwean landscape

Estimated reading time: 7 minutes Pathisani Ncube has a...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 4 minutes Johan van den Berg is...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 35 of 2024

The weekly pork carcass prices are brought to you...

The South African rabbit meat industry in the spotlight

Estimated reading time: 7 minutes Rabbit meat is not...

Ankole embryos sell for record price in South Africa

The South African record price for embryos sold was...