Friday, April 17, 2026
Home Podcasts RSG Landbou: 13 April 2026

RSG Landbou: 13 April 2026

23

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor hoe die weeklikse nasionale gemiddelde karkasprysdata van die RPO verwerk word, muggieplae langs die Oranjerivier en ons ontvang die nuutste weeklikse landbounuus.

Weeklikse vleispryse data

Hou jy tred met die weeklikse nasionale gemiddelde karkasprysdata van die Rooivleisprodusente-organisasie? Dr Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die RPO, beantwoord ‘n paar vrae oor hierdie pryse en hoe dit verwerk word.

Muggieplae langs die Oranjerivier

Intussen is muggieplae ‘n groot kopseer vir boere langs die Oranjerivier. Agri Noord-Kaap se Janine Byleveld deel navorsing hieroor en vertel wat boere in die reënseisoen kan verwag.

Weeklikse landbounuus

En moenie ons weeklikse landbounuusbulletin misloop nie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

error: Content is protected!