RSG Landbou: 1 September 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor ’n arbeidswerkswinkel in die Langeberg-munisipale gebied en daar is terugvoer oor die Brangus-beestelersgenootskap se algemene jaarvergadering.

Arbeidswerkswinkel in die Langeberg-munisipale gebied

Die Departement van Indiensneming en Arbeid in die Kaapse Wynland-distrik, het in Augustus 2026 ’n werkswinkel met boere, werkgewers en arbeidsmakelaars in die Langeberg munisipale gebied aangebied. Plase in en rondom Robertson en die Langeberg is ook besoek om arbeidswetgewing se nakoming te monitor. Advokaat John Jacobs verduidelik wat die proses behels het en wat die besoeke opgelewer het. Hy praat ook oor die wetlike vereistes waaraan arbeidsmakelaars moet voldoen.

Brangus-beestelersgenootskap se algemene jaarvergadering

Die Brangus-beestelersgenootskap se algemene jaarvergadering is onlangs aangebied en Jimmy Roberts gee terugvoer.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

A free-range label for pigs on grazing

Estimated reading time: 6 minutesSimon Goble knew from an early age that he wanted...

Vaaltyn van die Noordweste

Estimated reading time: 6 minutesDie donkie is ’n dier wat gehelp het om die...

Stockfarm September 2026 hits the shelves

In the September 2026 edition of Stockfarm, we unpack the challenges that South Africa’s...

Oilseeds Focus September 2026

The September 2026 issue of Oilseeds Focus delivers essential insights into identifying tricky stem...