RSG Landbou: 3 September 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor dr Phil Bass, een van die sprekers by die Wagyu-wêreldkonferensie, Rhenostervallei en Beef on Grass se produksieveiling en ons ontvang die nuutste weervooruitsigte en vleispryse.

Dr Phil Bass by die Wagyu-wêreldkonferensie

‘n Medeprofessor in Vleiskunde aan die Universiteit van Idaho in Amerika, dr Phil Bass, is een van die sprekers by die Wagyu-wêreldkonferensie wat in Oktober in die Wes-Kaap plaasvind. Hy is bekend vir sy kennis van karkasse, waardetoegevoegde snitte en spierprofilering. Ons hoor in more-oggend se program waarna konferensiegangers kan uitsien.

Rhenostervallei en Beef on Grass hou veiling

Hendrik Meyer praat oor Rhenostervallei en Beef on Grass se produksieveiling van 12 September by die Warmbad Veemark.

Nuutste weervooruitsigte en vleispryse

Dan is Chris Derksen terug met nuus oor vleispryse en Johan van den Berg is op sy pos met ons weervooruitsigte.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

A free-range label for pigs on grazing

Estimated reading time: 6 minutesSimon Goble knew from an early age that he wanted...

Vaaltyn van die Noordweste

Estimated reading time: 6 minutesDie donkie is ’n dier wat gehelp het om die...

Stockfarm September 2026 hits the shelves

In the September 2026 edition of Stockfarm, we unpack the challenges that South Africa’s...

Oilseeds Focus September 2026

The September 2026 issue of Oilseeds Focus delivers essential insights into identifying tricky stem...