RSG Landbou: 2 September 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou is daar meer oor suiwelregulasies en plantgesondheid se rol by kuilvoeropbrengs.

Suiwelregulasies

Die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf berei tans voor vir ‘n regulatoriese oorgang. Aspekte soos produkklassifikasie en etikettering word hervorm. ‘n Voorbeeld hiervan is die vetklassifikasie van vla wat aangedui moet word. Anneke van Niekerk van Melk SA verduidelik wat die produsent, verwerker en verbruiker kan verwag.

Plantgesondheid

Plantgesondheid is ‘n sleutelfaktor by kuilvoeropbrengs. So sê HW Beeken van Pioneer Saad. Hy praat veral oor laat-seisoen plantgesondheid en hoe dit onder andere styselproduksie beïnvloed.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

SAPPO Retail Price Statistics: August 2026

The monthly SAPPO Retail Price Statistics Report provides detailed statistics and trends on the retail prices of various meat products, including pork, chicken, beef, and lamb.Monthly Price...

Smarter insights, stronger resilience

Estimated reading time: 5 minutesWhat makes one farming business better equipped to weather uncertainty than another? It’s not necessarily the size of the operation,...

RSG Landbou: 8 September 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor die Landbounavorsingsraad se Vleisbeespresteerderstoekennings, presisieboerdery en die risiko’s verbonde aan kunsmatige intelligensie,...

LandbouRadio: 8 September 2026

In Dinsdag, 8 September se LandbouRadio, met trots aan jou gebring deur BKB, kan jy uitsien na die volgende:Johan gesels met dr Pieter Haumann...

AgriSpoor: Die nuwe toep om voorvalle aan te meld 

Estimated reading time: 3 minutesOngelukkig word baie misdade en probleme nooit opgelos nie, aangesien dit nooit aangemeld word nie. Die algemene teen opmerking waarom...