RSG Landbou: 18 November 2025 – geborg deur Husqvarna

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor Agri Skills Transfer se benadering om relevant te bly, die suksesvolle afronding van kalwers en ons ontvang die nuutste wolmarkverslag.

Agri Skills Transfer verseker relevante landbou-opleiding

Met een voet in die klaskamer en een voet op die plaas. Dis hoe Agri Skills Transfer hul landbou-opleiding en vaardigheidsontwikkelingsprogramme benader om relevant te bly. Shaun Welmans brei hieroor uit.

Suksesvolle afronding van kalwers

Faktore soos weiding en gewig dra by tot die suksesvolle afronding van kalwers. Dis volgens dr Vlok Ferreira van Molatek en ons gesels in meer besonderhede met hom hieroor.

Nuutste wolmarkverslag

Heinrich Victor is soos altyd op sy pos met ons nuutste wolmarkverslag.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

Agri Wes-Kaap stel Jongboer van die Jaar 2026-kandidate bekend

Estimated reading time: 4 minutes Agri Wes-Kaap het vandeesweek die kandidate vir sy 2026 Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar-kompetisie aangekondig. Die organisasie het...

Biosecurity under pressure: What it means for South African agriculture

Estimated reading time: 4 minutes Biosecurity has become one of the most pressing challenges facing South African agriculture in 2026. This is underscored by the...

Karoo Winter Wool Festival returns in 2026 – better than ever!

Estimated reading time: 5 minutes This July, all roads once again lead to the heart of the Karoo and the historic town of Middelburg in...

Oorvloedige reën bring hoop én uitdagings vir Noord-Kaapse produsente

Estimated reading time: 2 minutes Almal in die Noord-Kaap het verwag dat boere die winter met ’n swaar hart sou ingaan. Die reën het egter...

Stamboek Times Mei 2026

Die jongste weergawe van SA Stamboek se nuusbrief, Stamboek Times, is nou beskikbaar. In die Mei-uitgawe kan lesers uitsien na die volgende: BGP2: Jaar 3 skop...