In Dinsdag, 18 November se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- De Wet Jonker van Melk SA praat oor suiweluitvoere na ons buurlande en geleenthede na China.
- Lynette Louw van Plaas Media gesels met Martin Seyfferdt, een van die beoordelaars in die bees- en skaapboer van die jaarkompetisie. Sy gesels ook met die beesboer van die jaar, Paul van Niekerk, en skaapboer van die jaar, Richard Armstrong.
- Johan Gunter hoor van Izaan du Plooy van die Lewendehawe Registrerende Federasie of LRF, oor vrugbaarheid van vroulike diere, deklyste en dae tot kalwing.
- Dawie Killian van die OVK-wolkantoor gee vir ons die jongste wolmarknuus.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.






