Vandag is #kykweervrydag op Plaas TV waar ons hoogtepunte deel uit die week wat was.
Vanjaar se Thabazimbi-landbou en nywerheidskou vind van 31 Julie tot 2 Augustus plaas en hoop om weer baie voete te lok. Dit is ‘n jaarlikse geleentheid wat die landbou- en nywerheidsektor in die Thabazimbi-streek vier en ‘n belangrike platform vir besighede, boere en die gemeenskap om bymekaar te kom, kennis uit te ruil en te netwerk. Die skou is ‘n hoogtepunt op die plaaslike kalender en bied ‘n platform vir ekonomiese groei, gemeenskapsbetrokkenheid en vermaak.
Die LRF, Santam Landbou en Veeplaas nooi alle toegewyde vleisbees-stoettelers uit om vir die Santam/LRF Stoetteler van die Jaar-kompetisie in samewerking met Veeplaas in te skryf. Dit is oop vir alle vleisbees-stoettelers in Suider-Afrika wat enige genetiese materiaal verkoop en vorige algehele wenners, buiten diegene wat in die afgelope vyf jaar gewen het, is welkom om weer vir vanjaar se kompetisie in te skryf. Die sluitingsdatum is 18 Julie.
Zoetis glo in gesonde diere en ‘n gesonde planeet en dit was vir hulle ‘n maklike besluit om deel te wees van die Veeplaas Klimaatslim-ambassadeursprojek. Hulle is al sedert die ontstaan van die kompetisie betrokke. Willie Storm het hierdie kompetisie vanjaar gewen en Zoetis assosieer graag met hom.
Paul Lynch, a director of Cape Wools SA and Standard Wool SA, was recently elected as council member of the International Wool Textile Organisation (IWTO). He speaks to Lise Roberts about his new position within the IWTO.
Hoekom is aborsies onder dragtige koeie dié tyd van die jaar aan die toeneem? Dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk werp lig hierop.
Voermol Stressbuster (V35135) is uniek geformuleer om die gesondheid en funksionering van die spysverteringskanaal te ondersteun, immuniteit en nutriëntvertering te verbeter, en morbiditeite en mortaliteite te verminder.
En Pieter Botha van die Bedreigde Natuurlewetrust of EWT het verder met Lise Roberts gesels oor hulle koolstofvergoedingsprojek.

