RSG Landbou: 18 Maart 2026 – geborg deur Lamb Champs

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor klimaatsverandering, veranderinge in die Seta-omgewing en bykomende kraghulpbronne vir uitvoere.

Klimaatsverandering

Die veebedryf word dikwels uitgewys as ’n groot sondaar wat klimaatsverandering betref. Navorsing deur prof James Blignault van die Universiteit Stellenbosch toon egter dat die modelle wat die veebedryf se koolstofvoetspoor en bydrae tot klimaatsverandering bepaal, ernstige gebreke het. Ons gesels met hom hieroor.

Veranderinge in die Seta-omgewing

As jy landbou-opleiding oorweeg, is dit belangrik om kennis te neem van veranderinge in die Seta-omgewing. Agri Skills Transfer se Shaun Welmans verduidelik wat die jongste wysigings behels.

Kraghulpbronne vir uitvoere

Dan was die media onlangs na die Kaapstadse hawe genooi om te sien hoe die privaatsektor en Transnet hande gevat het om bykomende kraghulpbronne vir uitvoere te bewerkstellig. Theo Boshoff van Agbiz daar met ons gesels.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Die invloed van individuele spasietoekenning op lammers se voer- en waterinname (Deel 1)

Estimated reading time: 8 minutes Die stygende wêreldvraag na voedsel tesame met ’n afname in...

Van toeka tot nou: Slagdag op die plaas

Estimated reading time: 6 minutes Ná ’n slagdag is daar seep gekook, vet en kaiings...

Agbiz Grain Quarterly May 2026

The May 2026 issue of Agbiz Grain Quarterly boasts an impressive lineup of articles,...

Dinamika en ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse lusernhooibedryf: Produsentepryse (Deel 4)

Estimated reading time: 7 minutes Vorige artikels in hierdie reeks het gefokus op aspekte soos...