Dié week op Plaas TV: Suiwel, SA Stamboek en boerbokke

Estimated reading time: 2 minutes

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:

  • Die inligting wat op die etiket van ‘n produk vervat word, moet wetlik aan sekere vereistes voldoen. Jompie Burger, algemene bestuurder van die Suiwelstandaardagentskap praat oor die belangrikheid van die etikettering van suiwelprodukte.
  • SA Stamboek se Elite-funksie het op 28 April 2025 by Monte Bello Landgoed in Bloemfontein plaasgevind. Hierdie glansgeleentheid gee erkenning aan die beste van die beste telers, stoetkuddes en stoetdiere. Die toekennings is deur die gesogte Vleissentraal/SA Stamboek Nasionale Elite 2025 Bulgroeitoetsklas by Bloemskou voorafgegaan.
  • Dr Charl van der Merwe het voorheen sleutelrolle in die graanwaardeketting beklee – van landbou-ekonomie en kommoditeitsbestuur tot verkryging en strategiese sake-ontwikkeling. Van der Merwe volg Wessel Lemmer in dié rol op.
  • Die beste nuwe innoverende suiwelproduk by vanjaar se Bloemskou-suiweltoekennings is deur Die Kaaskamer van Pretoria gemaak. Hulle “Whisky”-smeerkaas het met die louere weggestap.
  • 1 710 Boerbokke, Savannas en Kalahari Reds van 65 telers het tydens Bloemskou meegeding vir wêreldkampioenstatus. Die Plaas TV-span was daar om al die aksie vas te vang en het met die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Boerboktelersvereniging gesels oor die skou en wat die toptelers reg gedoen het om so goed te presteer.
  • Melk SA se vaardigheidsontwikkelingsprogram vir lede van die sekondêre suiwelbedryf is oor baie jare geskep en so gestruktureer dat talle lede van die waardeketting daarby baat. Gerhard Venter van die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerdersorganisasie (SAMPRO) brei uit oor die tipe opleiding wat aangebied word.

Must read

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons skop af met ons nuwe...

LandbouRadio: 6 April 2026

In Maandag, 6 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met onkruidkenner, prof Charlie Reinhardt, en hy gesels oor die...

‘n Tuli-kudde wat sy omgewing bemeester deur aanhoudende verbetering

Estimated reading time: 5 minutes Christo Rothmann van Bushman’s Mountain Tuli’s is in 2025 met die titel van Landbounavorsingsraad (LNR) Nasionale Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar...

LandbouRadio: 3 April 2026

In Vrydag, 3 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met 'n plaasvars landbounuusbulletin. ⁠Tydens die Afrika Saadverhandelingsvereniging se kongres in...

What is the worst that can happen?

Estimated reading time: 3 minutes Risk is the likelihood of damage or loss. Peril, on the other hand, is the misfortune, accident, or disaster that...