HomeAgri NewsSandveld se waterbronne onder druk

Sandveld se waterbronne onder druk

Estimated reading time: 2 minutes

Die Sandveld se ondergrondse waterreserwes, die regulerende omgewing waarbinne landbou moet funksioneer, klimaatsverandering en hoe dit landbou in die Sandveld beïnvloed, aartappelpryse, sowel as produksie- en bemarkingstendense, is op die Sandveld-aartappelkwekersorganisasie (Sako) se jaarvergadering in die NG Kerksaal in Lambertsbaai bespreek.

Monique Coetzee, voorsitter van die Sandveld-aartappelkwekersorganisasie (Sako), het gesê in die Sandveld draai alles rondom water. Deurlopende navorsing deur Sako en weerstasies verskaf data wat boere in staat stel om water te bespaar en beter te boer. In die opsig neem Sako se werkgroep die leiding om beter praktyke te ontwikkel.

Kommer oor watergebruik

Coetzee het haar kommer oor ’n ekologiese reserwebepaling van die Sandveld se waterbronne deur die Departement van Waterwese en Sanitasie uitgespreek. Die voorlopige bevindinge van die studie kan ’n negatiewe impak op die voortbestaan van aartappelboerdery in die Sandveld hê. “Die departement is tans besig om die finale verslag vir publikasie in die Staatskoerant voor te berei, het Coetzee gesê.

Volgens haar doen die geohidrologie-maatskappy GEOSS onder leiding van sy besturende direkteur, Julian Conrad, al vir 30 jaar ondergrondse watermonitering in die Sandveld. Vanweë die komplekse aard van die gebied verskil die beskikbaarheid en die gehalte van die water aansienlik tussen die verskillende dele van die Sandveld. Dit is daarom noodsaaklik om die gebied in individuele sones te bestudeer.

“ ’n Oorhoofse aanbeveling kan nie vir die hele gebied gemaak word nie. Dit is van kardinale belang dat deurlopende monitoring gedoen word om waterbestuur te verbeter, en ingeligte en doelgerigte besluite te neem,” het Coetzee gesê.

Sandveld word warmer en droër

Stephanie Midgley, spesialiswetenskaplike vir klimaatsverandering by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, het gesê die Weskus (Sandveld) het ’n baie stabiele klimaatstelsel oor die lang termyn, maar met klimaatsverandering kom die stabiliteit van die stelsel in gedrang en is die stelsel baie kwesbaar. Die gebied raak warmer en dit is interessant dat die verwarming van minimumtemperature in die nag en nie in die dag, plaasgevind het. Langtermyn studies oor reënval dui op groter uitdroging gedurende die herfsmaande.

“Ons is bekommerd oor klimaatsverandering, maar sien dat boere reeds baie van die maatreëls implementeer wat ons as noodsaaklik beskou om by klimaatsverandering aan te pas. As hulle dit op ’n ekonomiese en volhoubare manier doen, sal dit met verloop van tyd vrugte afwerp,” het Midgley gesê. – Hugo Lochner, Plaas Media

RSG Landbou: 6 Mei 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor katbos en hittestres by kleinvee. Katbos Het jy geweet katbos, wat...

LandbouRadio: 6 Mei 2026

In Woensdag, 6 Mei se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: In Leon die skaapherder se Woensdagwenk, gesels hy...

Dinamika en ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse lusernhooibedryf: Produsentepryse (Deel 4)

Estimated reading time: 7 minutes Vorige artikels in hierdie reeks het gefokus op aspekte soos die gradering, gehalte, produksiegebiede en...

Glaring lack of industry contributions in gazetted FMD vaccination scheme

Estimated reading time: 7 minutes The final Section 10 Routine Vaccination Scheme for Foot and Mouth Disease (FMD) was published...

Mosdene Borans make their mark

Estimated reading time: 7 minutes When the bid closed on R2 million for the Boran bull Odysseus (E18-138), it took...

Wysiging van wingerdstokke se DNS kan weerstand teen siektes, droogte verhoog – nuwe studie (Universiteit Stellenbosch)

Wingerdstok geenredigering skakel ’n enkele geen ‘af’: ’n Plantbiotegnologie mylpaal in Afrika Estimated reading time: 8 minutes Die DNS van ’n...

Keep exploring...

Landboumarkte: Mei 2025 Die styging in skaapvleispryse begin taan

Estimated reading time: 3 minutes Gedurende Mei 2025 het ons gesien hoe die rand stelselmatig teenoor die Amerikaanse dollar versterk het en die maand afsluit...

Landboumarkte: Junie 2025 Goeie stygings in A2-beesvleispryse gesien

Estimated reading time: 3 minutes Gedurende Junie 2025 het die rand met sowat 20 sent teenoor die Amerikaanse dollar versterk en die maand afgesluit op...