Tuesday, December 16, 2025

RSG Landbou: 8 September 2025 – geborg deur BKB

In vanoggend se RSG Landbou is daar gesels oor suiwel-etikette, ‘n Brangusveiling en ‘n Simbra-veiling.

Melk SA werp lig op etikette

Verbruikers lees dikwels nie voedseletikette nie of weet nie hoe om die inligting daarop te interpreteer nie. Christine Leighton van Melk SA se Verbruikersopvoedingsprojek fokus hierop en verduidelik ook wat die verskil is tussen Griekse styl- en dubbelroom jogurt.

Kolver Mülke praat oor die 15de Genelink-brangusveiling van 18 September.

Simbras praat oor suksesstories

Volgens Marius Potgieter van die Simbra-beestelergenootskap is samehorigheid onder die telers een van hul suksesstories. Ons het onlangs by die genootskap se eliteveiling met hom gesels.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Samic: Protector of red meat quality

Estimated reading time: 5 minutes If you thought the South African Meat Industry Company (Samic)...

Elke happie tel: Presisievoeding vir optimale produksie

Estimated reading time: 6 minutes Elke produsent het die behoefte om meer winsgewend en volhoubaar...

Flies and blowflies: A serious threat to cattle health

Estimated reading time: 4 minutes Several fly species negatively affect cattle productivity, including biting flies...

’n Karoo-boerdery geskoei op natuur en kennis

Estimated reading time: 7 minutes Sybrand Venter, ’n bekende gemeenskapsleier en produsent van die plaas...