RSG Landbou: 8 Januarie 2026 – geborg deur Husqvarna

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor knopvelsiekte, ons kry terugvoer oor ‘n bek-en-klouseer werksessie wat in Desember deur dr Bastiaan Fouché aangebied is en ons ontvang die nuutste vleispryse en weervooruitsigte.

Knopvelsiekte

Knopvelsiekte word deur bytende, vlieënde insekte aan vee oorgedra. Het jy geweet dié virussiekte kom meeste in die laatsomer voor, maar volgens dr Danie Odendaal is gevalle reeds sedert Julie verlede jaar in Noordwes en die Vrystaat aangemeld. Hy praat met ons hieroor.

Bek-en-klouseer werksessie

Ons kry ook terugvoer oor ‘n bek-en-klouseer werksessie wat in Desember deur dr Bastiaan Fouché van die Parys Dierehospitaal, onder die vaandel van die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika, aangebied is.

Nuutste vleispryse en weervooruitsigte

Dan is Chris Derksen terug met die week se vleispryse en moet ook nie Johan van den Berg se weergesprek misloop nie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Sosiale media en die reg: Wees baie versigtig

Estimated reading time: 4 minutesOmdat die akkuraatheid of waarheid van inligting selde gekontroleer of...

100 jaar van wolproduksie (Deel 5): Die boublokke van ’n welvarende land

Estimated reading time: 7 minutesDie Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) betree binnekort die volgende 100 jaar...

Lantana camara: Waak teen dié struik

Estimated reading time: 3 minutesLantana-vergiftiging is een van die algemeenste vorme van plantvergiftiging by...

RPO Vrystaat-kongres: Winsgewendheid, BEK en leierskap

Estimated reading time: 3 minutes’n Besigheid moet winsgewend wees om volhoubaar te funksioneer.Die Rooivleisprodusente-organisasie...