Die Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetsie word vanjaar vir die twaalfde keer aangebied. Ons gesels met Hanlie Kroese van Santam Landbou hieroor.
BKB se betrokkenheid by die Bloemskou groei van krag tot krag en Cheri MacRobert brei uit oor hul nuutste toevoeging as borg van die beesinterras-kompetisie.
Verder is Heinrich Victor terug met ons nuutste wolmarkverslag.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.