Die vrystelling van kweekhuisgasse deur herkouers en spilpunttegnologie is in vanoggend se RSG Landbou bespreek.
Kweekhuisgasse: Wat is die feite?
Daar is ‘n algemene opvatting dat herkouers groot hoeveelhede kweekhuisgasse produseer wat bydra tot aardverwarming. Maar wat is die feite? Prof Michiel Scholtz van die Landbounavorsingsraad beantwoord ‘n paar vrae hieroor en vertel wat boere kan doen om kweekhuisgasse te verminder.
Boer vooruit met spilpunte
Ons praat ook oor spilpunte en vind uit hoe produsente meer volhoubaar met dié tegnologie kan boer. Chrisjan Jansen van Vuuren van Lindsay Africa gee raad.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.





