Monday, August 31, 2026
Home Podcasts RSG Landbou: 22 September 2025 – geborg deur Pioneer Saad

RSG Landbou: 22 September 2025 – geborg deur Pioneer Saad

74

In vanoggend se RSG Landbou het Lise Roberts met Louis Wessels van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum gesels en jy kan ook luister na ‘n gesprek oor BKB se finansiële resultate.

Veediefstalforum behaal sukses

Die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum se aanmeldingstelsel toon reeds sukses. Louis Wessels gee terugvoer en praat ook oor ‘n paar ander kwessies wat hulle bekommer.

BKB praat oor finansies

Dan het ons tydens NAMPO Kaap met Johan Stumpf en Jannie van Niekerk van die BKB-groep oor hul finansiële resultate vir die tydperk geëindig Junie 2025 gesels.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

error: Content is protected!