HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 10 Mei 2023 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 10 Mei 2023 – geborg deur BKB

Die waarde van veld-rus kan nie onderskat word wanneer dit by volhoubare veldbestuurspraktyke kom nie. Frits van Oudshoorn van Africa Land Use Training was een van die sprekers by ‘n beesinligtingsdag buite Viljoenskroon. In Woensdag se aflewering van RSG Landbou hoor ons wat hy hieroor te sê gehad het.

Dan het ons tydens die Bloemskou met Jacobus le Roux van BKB gesels oor landbou se teenwoordigheid asook hoogtepunte van dié skou. Hy beskryf die skou as stylvol, vriendelik en sentraal geleë vir uitstallers en besoekers van heinde en vêrre.

Prof Frikkie Maré gesels dan oor die Mei-uitgawe van Veeplaas wat nou op die rakke beskikbaar is. Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941. 

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

RSG Landbou: 24 Julie 2024 – geborg deur AECI Plant Health

Die rol en waarde van die heuningby was die fokus van ‘n opvoedkundige dag wat onlangs op die Vergelegen Wynlandgoed by Somerset-Wes aangebied is....