In Dinsdag se aflewering van RSG Landbou kuier ons op die plaas Erekroon in die Jansenville-distrik. Marx en Hanri Strydom boer hoofsaaklik met Angorabokke en Merinoskape. Marx sê hulle moet die plaas goed bestuur want dit behoort nie aan hulle nie – hulle is net tydelik op aarde geplaas en moet rentmeesterskap in die ware sin van die woord toepas. Net so sê Hanri dat jy lief moet wees vir die aarde en dit wat jy doen. As jy soggens jou voete sleep kraal toe, moet jy weet jy is op die verkeerde plek.
Ook in vandag se program is Heinrich Victor van OVK met nuus oor die laaste wolveiling van die seisoen.
Izak Hofmeyr, redakteur van Stockfarm, vertel ons wat lesers te wagte kan wees in die April-uitgawe van Stockfarm wat nou op die rakke beskikbaar is. Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.