In Woensdag, 3 Desember se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Leon die skaapherder is aan die woord met sy Woensdagwenk en hierdie week praat hy oor gesig-edeem.
- Johan Gunter gesels met Jan van Zyl, een van die ontvangers van die LNR Vleisbeespresteerders Mentor van die Jaar-toekenning, oor mentorskap en sy advies vir beginner-Brahmanboere.
- Anthony Jacobs, areabestuurder van Husqvarna in die Noord-Kaap, vertel waarom hulle bossiekappers so goed werk.
- Dr Cilliers Louw, ‘n privaatveearts in die Wes-Kaap, gesels oor bosluise, bosluisdip en weerstandigheid.
- Dr Peter Evans van Rooivleisbedryfsdienste bring ons op hoogte van die jongste stand van sake wat bek-en-klouseer betref.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.


