In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2025 Toyota SA/Agri SA jongboer van die jaar, daar is ‘n gesprek oor Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte en ons vind meer uit oor die faktore wat ‘n rol speel in die sukses van enige boerdery.
2025 Toyota SA/Agri SA jongboer van die jaar
‘n Druiweprodusent van die Hexrivier-vallei in die Wes-Kaap, is verlede week as die 2025 Toyota SA/Agri SA jongboer van die jaar aangewys. Ons hoor wat Francois Rossouw van Mooigezicht Landgoed oor dié erkenning te sê gehad het.
Ekonomiese vooruitsigte
Die ekonoom, dr Roelof Botha, was die hoofspreker by die Harrismith distriksboere-unie se jaarafsluiting en hy gesels met ons oor ekonomiese vooruitsigte.
Faktore in die sukses van ‘n boerdery
Dan is betroubare toerusting, kundigheid en goeie verhoudings met handelaars van die faktore wat ‘n rol speel in die sukses van enige boerdery. Timo van der Vyver van Lindsay Afrika brei hieroor uit.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

