In Dinsdag, 24 Februarie se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Johan gesels met die Wes-Kaapse minister van landbou, dr Ivan Meyer, oor die https://agriorbit.com/riversdal-skou-vloei-vlot/ asook bek-en-klouseer in dié provinsie.
- John Cronjé, ‘n lid van die Riversdal-skoukomitee, gesels oor die pluimvee-afdeling by vanjaar se skou.
- WA Lombard vertel hoe Januarie se landboumarkte gevaar het.
- Pierré Vlok gesels oor sy jongste Veeplaas -artikel waarin ‘n skaap met ‘n goue tand die kollig steel.
- Die twee vise-presidente van die Riversdal-skou, AJ van Wyk en Adriaan Geldenhuys, gesels oor hulle betrokkenheid by die skou.
- Johan gesels met Kobus Coetzer, voorsitter van die Westelike Provinsie se Saalperd-subunie, asook een van die vertoners, Kokkies Rademan, oor die Saalperde wat by die Riversdal-skou gepronk het.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.