Landboumarkte verslag: Januarie 2026 

Estimated reading time: 2 minutes

Van begin tot einde Januarie 2026 versterk die rand teenoor die Amerikaanse dollar met 51 sent. Die wisselkoers sluit Januarie op R15,98 vir een Amerikaanse dollar af.  

Die rand verswak steeds teenoor die euro met 25 sent in Januarie en sluit af op R19,07 vir een euro. Die produsenteprysinflasie bly onveranderd vir Desember soos vir die twee voorafgaande maande en word bereken op 2,9%. Die verbruikersprysinflasie styg met 0,1% in Desember 2025 en is bereken op 3,6%. 

Wisselvallige mieliepryse 

Die prys van geelmielies het gedurende Januarie wisselvalligheid beleef en sluit die maand af teen R3330/ton, wat sowat R47 laer is as aan die begin van die maand. 

Beeskarkas- en speenkalfpryse daal 

Die beeskarkasprys het ’n afwaartse neiging getoon met die gemiddelde A2-karkasprys wat gedurende Januarie met  R4,34/kg daal en die maand op ’n gemiddeld prys van R66,75/kg afsluit. Die gemiddelde prys van B2-karkaspryse daal met sowat R1,20/kg en sluit die maand af op R62,31.  

Die gemiddelde prys van C2-karkasse het met sowat R2,09/kg gedaal om die maand op ’n gemiddeld van R60,62/kg te eindig. Die gemiddelde speenkalfpryse daal met sowat R0,29/kg na verlede maand se styging en sluit die maand op R40,88/kg af. 

Figuur 1: Klas A-Beeskarkaspryse  

Skaapkarkaspryse styg steeds 

Die skaapkarkaspryse toon steeds effense styging. Die gemiddelde prys van A2-skaapkarkasse styg met R1,18\kg en bereik in Januarie ’n gemiddeld van R112,44/kg. Die gemiddelde prys van B2-skaapkarkasprys styg steeds met sowat 78 sent/kg en sluit af op ’n gemiddeld van R84,75/kg.  

Die prys van C2-skaapkarkasse neem egter met 39 sent/kg af en eindig die maand op R83,85/kg. Die prys van ’n speenlam daal effens gedurende Januarie  met ’n gemiddelde prys van R50,66/kg wat aangeteken is. 

Varkkarkaspryse behou stygende tendens 

Die gemiddelde prys van O-varkkarkaspryse ervaar ’n verdere styging van 22 sent/kg vir Januarie 2026. Ons sluit die maand op ’n gemiddeld van R39,44/kg af. – Carli Jacobs en dr W.A. Lombard, Departement Landbou-ekonomie, Universiteit van die Vrystaat. 

Must read

New Agbiz leadership elected at 2026 congress

Agbiz has elected a new leadership team at the organisation’s 2026 Congress held in Gqeberha this week. During the congress, PG Strauss of VKB...

Can I build my own policy?

Estimated reading time: 4 minutes Farming is risky. While most of us accept this as part of the profession, it doesn’t have to be. When...

SAPPO Retail Price Statistics: May 2026

The monthly SAPPO Retail Price Statistics Report provides detailed statistics and trends on the retail prices of various meat products, including pork, chicken, beef, and lamb. Monthly Price...

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 22 of 2026

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. How are these...

LandbouRadio: 5 Junie 2026

In Vrydag, 5 Junie se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons spring weg vanoggend met 'n vars landbounuusbulletin. ⁠Dr Danie Odendaal, direkteur van Veearts...