In Donderdag, 23 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Izak Hofmeyr van Plaas Media gesels met Ashley Grimsell van Voermol Voere oor stres by voerkraaldiere en hoe dit hulle gesondheid en groei kan affekteer.
- Joël Herholdt, nasionale verkoops- en bemarkingsbestuurder van Molatek, praat oor hulle betrokkenheid as goue borg by die LRF Veeskool.
- Dr Johnny van der Merwe is aan die beurt met sy weeklikse AMT-markverslag.
- Johan gesels met Shaun Welmans van Agri Skills Transfer oor hulle rol in die landboubedryf en hulle Junie-maand innames.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.