In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die produksie van groentesaad in Suid-Afrika en ons ontvang die nuutse vleispryse en weervooruitsigte.
Produksie van groentesaad
Het jy geweet daar is protokolle in plek om te verseker dat die groentesaad wat produsente bereik, veilig en siektevry is? David Malan van Klein Karoo Saad gesels oor die produksie van groentesaad in Suid-Afrika vir teelmaatskappye regoor die wêreld. Hy verduidelik ook oor die fitosanitêre maatreëls waaraan voldoen moet word ten opsigte van die verspreiding van dié saad.
Nuutste vleispryse en weervooruitsigte
Chris Derksen staan oudergewoonte reg met die jongste vleispryse wat in die Noord-Vrystaat behaal is, en dan is Johan van den Berg weer op sy pos met die jongste weerinligting.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.


