In Donderdag, 12 Maart se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Ons skop af met Johnny van der Merwe met sy weeklikse AMT-markverslag.
- Koos du Pisanie van Plaas Media gesels met Herlus le Roux oor die uitslag van die Williston-skou se slaglamkompetisie.
- Izak Hofmeyr van Plaas Media het tydens die Pioneer-kuilvoertoer op Nottingham in KwaZulu-Natal met HW Beeken gesels.
- Johan gesels met Judi Rosenstrauch, tegniese ondersteuningswetenskaplike by Envarto, oor die gebruik en voordele van probiotika in veevoer.
- Ons hoor ook van Ryan Newborn, ‘n ontwikkelingspesialis, oor die Sterkstroom- en Molteno-landbouprojek wat deur die Dorper Windplaas befonds word.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.