In Vrydag, 12 Junie se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Hierdie week se programme word met trots aan jou gebring deur BKB – Die betroubare tuiste van landbou.
- Ons skop die program af met ‘n plaasvars landbounuusbulletin.
- Dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk gesels oor asidose/suurpens in die winter.
- Duncan Serapelwane van Moalosi Bonsmaras gesels oor sy stoetveiling waaraan Lamus Bonsmaras ook deelneem op 30 Junie.
- Johan gesels met Anton de Swardt van die Ankole-beestelersgenootskap oor die ras en die veiling wat op 19 en 20 Junie by Phala Phala aangebied word.
- Carin Venter van Plaas Media gesels met Gys du Toit tydens die Bergrivier Besproeiing-boeredag oor familieboerderye.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
