Bergrivier Besproeiing hou bakgat ‘mini-Nampo’

Estimated reading time: 5 minutes

Bergrivier Besproeiing se “Passie vir jou boerdery”-dag wat onlangs by die Nederburg-wynlandgoed gehou is, het besoekers beïndruk, veral wat die omvang, gehalte en praktiese waarde van die program betref.

Die geleentheid, wat die atmosfeer van ’n kleinskaalse Nampo-uitstalling geskep het, het besoekers blootgestel aan waardevolle bedryfsinsigte en praktiese oplossings vir volhoubare waterbestuur, asook die uitdagings waarmee boere daagliks te kampe het.

’n Boodskap van inspirasie en volharding

Volgens Bergrivier Besproeiing se besturende direkteur, Stephan Naudé, word sukses gebou op veerkragtigheid, konsekwentheid, gedeelde waardes, ’n gemeenskaplike visie, verantwoordelike besluitneming en die toewyding om elke dag op te daag.

“Die doel van die dag was om boere weer te inspireer en hul passie vir landbou aan te wakker te midde van die talle uitdagings wat die bedryf in die gesig staar,” sê die siviele ingenieur met 38 jaar se ervaring in die besproeiingsbedryf. “Ons het produsente, landbou-entoesiaste, verskaffers en kundige sprekers by Nederburg-wynlandgoed verwelkom om saam te gesels en die beste uit ’n geleentheid soos dié te put.”

Klimaatslim beplanning en samewerking

Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, het die impak van die onlangse storms en vloede in die provinsie bespreek. Hy het klem gelê op die belangrikheid van klimaatslim beplanning om toekomstige uitdagings beter te hanteer.

Teen die einde van die dag, wat deur baie as ’n ware mylpaal beskou is, het Naudé almal wat dit bygewoon het, hartlik bedank: “Aan al die produsente, landbouleiers en rolspelers wat saamgekom het om idees uit te ruil, nuwe perspektiewe te ontdek en waardevolle netwerke te bou – dankie dat julle saam met ons die passie vir landbou vier en help bou aan ’n sterker toekoms vir die bedryf.” Carin Venter, Plaas Media (Foto’s: Natalie Gabriels)

Bergrivier Besproeiing se onlangse inligtingsdag met die tema, “Passie vir jou boerdery”, het interaktiewe besproeiingsdemonstrasies, praktiese landbou-oplossings en waardevolle netwerkgeleenthede gebied.
Wilco Fourie van Lofdal Fourie Boerdery, Oranjerivier Landbou-unie en Agri Noord-Kaap, Stephan Naudé van Bergrivier Besproeiing en Gys du Toit van die Du Toit-groep.
Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, was die hoofspreker by die geleentheid.
Gert Breet, besigheidsontwikkelingsbestuurder by FNB en ‘n gasspreker, het beklemtoon dat boerdery fisies én emosioneel uitdagend kan wees en dat produsente betekenis in hul werk moet vind om hul passie vir landbou te behou.
Die paneelbespreking, gelei deur Pietman Geldenhuys van Landbouweekliks, het gefokus op die groei van familieboerderye en die belangrikheid van goeie kommunikasie. Op die paneel was Gys du Toit Sr. van Dutoit Agri, Hendri Truter van Deli-Co en Wilco Fourie, ‘n produsent uit die Noord-Kaap.
“Kommunikasie is die fondasie van ’n familieonderneming soos Deli-Co”, sê Hendri Truter. “Dit help ons om waarde tot die Riebeek-Kasteel gemeenskap toe te voeg en Suid-Afrikaanse vleisprodukte plaaslik en internasionaal te bemark.”
Gys du Toit Sr het ‘n sleutelrol in die sukses van die Dutoit Agri-groep gespeel, en Wilco Fourie (regs) is van mening dat die landboubedryf op sterk vennootskappe, geloof en die ontwikkeling van mense gebou moet word. Hy het klem gelê op die waarde van goeie verskaffers soos Bergrivier Besproeiing wat werklik die pad saam met produsente loop.
Nuwe idees en tegniese kennis is uitgeruil en verskeie tegnologieë en die werking van toerusting is tydens die geleentheid waargeneem.

Must read

Unlocking the beef value chain – Meet the 2026 LRF Stockman School speakers part...

Estimated reading time: 6 minutesFrom 7 to 9 October 2026, the Livestock Registering Federation (LRF) brings the beef industry’s sharpest minds together at Aldam...

RSG Landbou: 22 September 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor inkbessievergiftiging, wyntoersime en ons ontvang die nuutste wolmarkverslag.InkbessievergiftigingVeeprodusente word gewaarsku dat inkbessievergiftiging...

LandbouRadio: 22 September 2026

Hierdie week se Landbouradio word moontlik gemaak deur Pioneer Saad.In Dinsdag, 22 September se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:⁠Johan gesels met...

Die toekoms is goud vir kanola in Suid-Afrika

Estimated reading time: 3 minutesGraan SA het vanjaar by NAMPO Kaap die geleentheid gebruik om groei in Suid-Afrika se kanolabedryf te bespreek. Die gewas...

Katoen-verwysingsprys: Week van 14 tot 18 September

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde verwysingsprys vir katoenvesel deur te gee....