HomeMagazinesDie wet van gemiddeldes is bobaas in die ring

Die wet van gemiddeldes is bobaas in die ring

Estimated reading time: 4 minutes

  • Om diere in ’n vertoonlokaal of ring te beoordeel, is nie aldag ’n maklike taak nie en ’n beoordelaar se persoonlike voorkeure mag nie bo die rasstandaard gestel word nie.
  • Die metodiek wat die beoordeling van die Dorper- en Witdorper-ras by skoue beskryf, staan as die Hi-Lo-metode bekend en word al sedert 1980 deur die Dorperskaaptelersgenootskap van Suid-Afrika toegepas.
  • Die primêre doel van die Hi-Lo-prosedure is om, met behulp van die wet van gemiddeldes, ’n individuele opinie van elk van die inspekteurs of beoordelaars te verkry.
  • Terwyl die diere vrylik in die versamelring rondbeweeg, word elkeen individueel beoordeel sodat elke dier se funksionaliteit ook onder die vergrootglas kom.
  • Dit is belangrik dat die beoordelaars ’n dier se kop, voorkwart en nek, middelstuk, agterkwart en geslagsdele afsonderlik in oënskou neem. Funksionele doeltreffendheid dra die meeste gewig tydens beoordeling.

Om diere in ’n vertoonlokaal of ring te beoordeel, is nie aldag ’n maklike taak nie en ’n beoordelaar se persoonlike voorkeure mag nie bo die rasstandaard gestel word nie.

Die metodiek wat die beoordeling van die Dorper- en Witdorper-ras by skoue beskryf, staan as die Hi-Lo-metode bekend en word al sedert 1980 deur die Dorperskaaptelersgenootskap van Suid-Afrika toegepas.

Keuring en beoordeling

Die primêre doel van die Hi-Lo-prosedure is om, met behulp van die wet van gemiddeldes, ’n individuele opinie van elk van die inspekteurs of beoordelaars te verkry. Die Hi-Lo-metode berus op drie beoordelaars wat die diere beoordeel, met elk van die drie wat ’n elektroniese afstandbeheer wat gekoppel is aan ’n televisieskerm, gebruik om elke dier aan te wys as ’n 5, 4, 3, 2 of 1.

Die rangorde van die telling berus op die volgende:

  • Tipe 5: Die ideale Dorper volgens fenotipe en soos beskryf in die voorgeskrewe rasstandaard.
  • Tipe 4: ’n Stoettipe-Dorper volgens fenotipe.
  • Tipe 3:’n Eerste-seleksie Dorper.
  • Tipe 2: ’n Tweede-seleksie Dorper.
  • Tipe 1: ’n Dier wat geprul behoort te word.

Volgens die Hi-Lo-metode word diere wat as tipe 5, 4 en 3 geklasseer is in afsonderlike krale geplaas. Indien daar nie genoegsame tipe 5-diere vir die klas is nie, kan dit aangevul word met tipe 4-diere. As daar wel genoegsame tipe 5-diere is, die res uitgelaat, word slegs die tipe 5-diere beoordeel.

Lees meer oor die sinkronasie van skape hier.

Die proses wat gevolg word

Terwyl die diere vrylik in die versamelring rondbeweeg, word elkeen individueel beoordeel sodat elke dier se funksionaliteit ook onder die vergrootglas kom. Dit is van kardinale belang om eers vooraf seker te maak dat daar nie foute is soos ’n dier met ’n té kort kruis, te min vleis, of die verkeerde manlike of vroulike bouvorm nie. Daarna moet elke dier met ’n positiewe gesindheid beoordeel word. Diere wat die beste balans, meeste vleis en minste foute vertoon, geniet voorkeur tydens die nominasies.

Nadat al die diere individueel beoordeel is, word die topdiere deur elk van die beoordelaars genomineer. Hierdie proses word herhaal totdat daar tussen agt tot 12 diere oorbly wat na die finale beoordelingsring deurgaan. Eers wanneer diere in die finale ring is, word hul deur hanteerders vasgehou.

Volgens Koenie Kotze, ’n meer ervare beoordelaar in die bedryf, moet ’n dier wat ’n klas wen die beste balans toon met die meeste vleis en minste foute. Manlikheid en vroulikheid is van belang en daarom word daar baie klem gelê op manlike en vroulike bouvorm. Balans dui op ’n dier met ’n goeie lengte lyf, diepte en breedte (weliswaar op die regte plekke, afhangend van die dier se geslag), goeie kruislengte, en ’n nek met matige lengte wat goed gevlees is, breed is, goed aangesluit is by die voorkwart en laastens ’n kop wat in balans met die res van die dier se lyf is.

Aspekte van beoordeling

Dit is belangrik dat die beoordelaars ’n dier se kop, voorkwart en nek, middelstuk, agterkwart en geslagsdele afsonderlik in oënskou neem. Funksionele doeltreffendheid dra die meeste gewig tydens beoordeling. ’n Mooi dier wat nie goed kan loop nie, sal byvoorbeeld nie oorweeg word nie. Dieselfde geld onder andere ook vir diere met kort of lang bekke asook hakfoute. As twee diere dieselfde balans en hoeveelheid vleis toon, sal die een met ’n beter gevormde kop of enige ander aspek wat beter as die ander dier is, hoër geplaas word.

’n Goeie voorbeeld van ’n uitsoek-Dorper se kop is ’n lang, sterk kop met groot oë wat wyd van mekaar en beskermend geplaas is, met ’n sterk neus, en ‘n sterk, goedgevormde bek met sterk gelykopmekaarpassende kake.

Die Dorper-rasstandaard beskryf elke aspek van ’n Dorper wat beoordelaars in ag neem om die dier te beoordeel.

Vleisrasse soos Dorper-skape moet ’n goeie bouvorm hê, omdat 100% van die dier se waarde opgesluit is in hul vermoë om goeie vleis te dra. Om hierdie rede sal ’n dier met ’n beter bouvorm altyd bo diere met ’n minder goeie bouvorm geplaas word.

Wanneer ’n beoordelaar streng volgens die Dorper-rasstandaard beoordeel, sal die beste diere altyd as die wenners aangewys word. – Attie Westraad, rasdirekteur, Dorperskaaptelersgenootskap van Suid-Afrika

Vir meer inligting, kontak Attie Westraad by 049 842 2241, 071 606 5625 of info@dorpersa.co.za.

Biosecurity under pressure: What it means for South African agriculture

Estimated reading time: 4 minutes Biosecurity has become one of the most pressing challenges facing South African agriculture in 2026....

Karoo Winter Wool Festival returns in 2026 – better than ever!

Estimated reading time: 5 minutes This July, all roads once again lead to the heart of the Karoo and the...

Oorvloedige reën bring hoop én uitdagings vir Noord-Kaapse produsente

Estimated reading time: 2 minutes Almal in die Noord-Kaap het verwag dat boere die winter met ’n swaar hart sou...

Stamboek Times Mei 2026

Die jongste weergawe van SA Stamboek se nuusbrief, Stamboek Times, is nou beskikbaar. In die Mei-uitgawe kan lesers uitsien na...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met...

RSG Landbou: 14 Mei 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die jaarlikse Agri’s Got Talent-kompetisie, die 2026 LRF Veeskool...

Keep exploring...

Landboumarkte: Mei 2025 Die styging in skaapvleispryse begin taan

Estimated reading time: 3 minutes Gedurende Mei 2025 het ons gesien hoe die rand stelselmatig teenoor die Amerikaanse dollar versterk het en die maand afsluit...

Landboumarkte: Junie 2025 Goeie stygings in A2-beesvleispryse gesien

Estimated reading time: 3 minutes Gedurende Junie 2025 het die rand met sowat 20 sent teenoor die Amerikaanse dollar versterk en die maand afgesluit op...