Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes:
Ná maandelange samewerking tussen die NGEAC, oftewel die Nasionale Genetika Uitvoer Advieskomitee, ‘n subkomitee van die RPO, en die SA Departement van Dieregesondheid, heers daar groot opgewondenheid in stoetveekringe oor die onlangse suksesvolle uitvoer van in vivo-beesembrio’s na Paraguay.
Die Krip Landboufees vind van 5-6 September by Die Krip buite Magaliesburg plaas. Hierdie jaarlikse geleentheid vier die ryk landbou-erfenis van die streek en bied ‘n verskeidenheid aktiwiteite en vermaak vir alle ouderdomme.
Om ekonomies op ‘n Angorabok- of Merinoplaas te boer, beteken twee goed: goeie wol- en bokhaarproduksie en genoeg aanteelvee. Dit is die beginsel waarvolgens Garth en Elsa Featherstone tussen Graaff-Reinet en Aberdeen op die plase Allemanskraal, Zeekoeigat en Buffelsfontein boer.
Die 30-jarige Francois Rossouw is Agri Wes-Kaap se Santam Jongboer van die jaar. Lise Roberts het hom beter leer ken.
Dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk praat met Lise Roberts oor entingsprogramme vir boere.


