In vandag se aflewering van RSG Landbou is daar meer oor die belangrikheid van praktiese landbou-ervaring, die Noord-Kaap Veldramprojek se komende veiling en ons ontvang die nuutste vleispryse en weervooruitsigte.
Praktiese landbou-ervaring
Waarom is praktiese landbou-ervaring net so belangrik soos teoretiese kennis? Volgens Shaun Welmans van Agri Skills Transfer gaan dit oor relevansie en selfvertroue in die veld. Ons luister wat hy hieroor te sê het.
Noord-Kaap Veldramprojek hou veiling
Die Noord-Kaap Veldramprojek is in 1985 daargestel om funksioneel-doeltreffende ramme wat op die veld grootgeword het, aangepas is en op ‘n wetenskaplike wyse geselekteer is, aan produsente beskikbaar te stel. Hulle bied op 9 September in Griekwastad ‘n veiling aan en ons gesels met HG Human.
Nuutste vleispryse en weervooruitsigte
Chris Derksen vertel wat hierdie week met vleispryse gebeur het en Johan van den Berg praat oor die weer.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.


