In Maandag, 1 Junie se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- In ons maandelikse Agri-Expo skoupraatjies, moontlik gemaak deur Nedbank, gesels Johan met Koos Myburgh, raadslid van Agri-Expo, oor die Wes-Kaapse pluimveeskou wat van 4 tot 6 Junie in Villiersdorp plaasvind.
- Prof Johan Willemse is aan die woord met sy weeklikse markverslag.
- Johan gesels met Clarissa Pienaar van Moolman & Pienaar Ingelyf oor die regte wat ‘n okkupeerder se vrou het.
- John Melville gesels oor kopervergiftiging by skape.
- Wandile Sihlobo praat oor Suid-Afrikaanse landbou se goeie wegtrek in 2026.
- Pieter Möller deel weer sy maandelikse boodskap vir landbouers.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.