Thursday, May 14, 2026
Home Podcasts RSG Landbou: 14 Mei 2026

RSG Landbou: 14 Mei 2026

16

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die jaarlikse Agri’s Got Talent-kompetisie, die 2026 LRF Veeskool en ons ontvang die nuutse weervooruitsigte en vleispryse.

Agri’s Got Talent-kompetisie

As jy kan sing en in die kern- en steenvrugte-,wyn-, tafeldruif- en sitrusbedrywe werksaam is, kan jy nou inskryf vir die jaarlikse Agri’s Got Talent-kompetisie. Dit is meer as net ‘n sangkompetisie – dit is ‘n projek wat ook die individu se selfvertroue en selfbeeld verbeter. Thea van Zyl vertel ons meer.

2026 LRF Veeskool

Die Lewendehawe Registrerende Federasie se Veeskool wat vanjaar weer in Oktober gehou word, fokus op die potensiaal van die beesvleiswaardeketting. Izaan du Plooy gesels oor onderwerpe wat bespreek word en vertel ook van Catriona Millen, ‘n vee-genetikus uit Australië, wat as spreker sal optree.

Nuutste weervooruitsigte en vleispryse

Johan van den Berg is terug met ons weervooruitsigte en Chris Derksen met nuus oor die week se vleispryse.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

error: Content is protected!