In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die onstaan van Olivedale en ons ontvang die nuutste landbou-nuusbulletin.
Ontstaan van Olivedale
Het jy geweet Olivedale het in 2002 die eerste organiese wyn in Suid-Afrika geproduseer? Kom luister in vanoggend se RSG Landbou na die unieke storie oor die ontstaan van dié plaas by Buffeljagsrivier naby Swellendam. Ons gesels met mede-eienaar, Carl van Wijk, en wynmaker, Riaan Liebenberg.
Landbounuus
In ons weeklikse landbou-nuusbulletin hoor ons wat tans in die landbouwêreld aan die gebeur is.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.