In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die nultarief vir die wynbedryf, die 2025 Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur se besoek aan Namibië en ons ontvang die nuutste wolmarkverslag.
Nultarief vir wynbedryf
Die Suid-Afrikaanse wynbedryf verwelkom China se besluit om ’n tydelike nultarief-vergunning vir kwalifiserende wyne uit Suid-Afrika te maak. Het jy geweet dat hierdie tarief tot nou toe teen ‘n stewige 14 persent gehef was? Christo Conradie van South Africa Wine verduidelik watter voordele die nultarief vir die wynbedryf en produsente op die plaas inhou. Die reëling geld net vir twee jaar, en ons hoor ook wat hy daaroor te sê het.
2025 Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur
Die 2025 Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur, Willie Storm van Olifantshoek in die Noord-Kaap, is uitgenooi om sy kundigheid met boere in Namibië te deel en hy vertel wat dié besoek behels.
Nuutste wolmarkverslag
Dan is Heinrich Victor terug met die nuutste wolveilingsnuus.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.