RSG Landbou: 7 Mei 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die onthoorning van kalwers, veediefstal in die Potchefstroom-distrik en ons ontvang die nuutste weervooruitsigte en vleispryse.

Onthoorning van kalwers

Die onthoorning van kalwers is ‘n algemene bestuurspraktyk in die vleisbeesbedryf, maar waarom word dit gedoen, en is dit werklik nodig? Dr Rulien Erasmus van die Landbounavorsingsraad beantwoord ‘n paar vrae oor hierdie onderwerp.

Veediefstal in die Potchefstroom-distrik

Voorvalle van veediefstal neem toe in die Potchefstroom-distrik en beeste se hakskene word soms deur veediewe afgekap. Dit is nie ‘n onbekende diefstaltegniek nie, maar dit bly ‘n grusame gebruik wat boere moedeloos maak. Murray Deacon van die plaaslike boerevereniging sê buiten die toename van veediefstalvoorvalle, is daar ook suksesverhale ten opsigte van misdaad in die gebied. Hy vertel ons meer.

Nuutste weervooruitsigte en vleispryse

Moet ook nie ons weergesprek met Johan van den Berg misloop nie. Dan is Chris Derksen terug met die week se vleispryse.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

LandbouRadio: 9 Oktober 2026

Hierdie week se LandbouRadio word met trots aan jou gebring deur BKB, die betroubare tuiste van landbou.In Vrydag, 9 Oktober se LandbouRadio, kan jy...

Die Noordweste en sy mense

Estimated reading time: 5 minutesDie Boesmanland en Namakwaland in die Noordwes-Kaap is klipharde wêreld wat sy mense slyp. Die mense wat hier gebore en...

Excellence and achievement take centre stage at LRF gala

Estimated reading time: 8 minutesExcellence in breeding, genetic progress, and outstanding service to the livestock industry. These were the attributes that took centre stage...

Stockman School 2026: Breeding better beef, from DNA to dinner plate

The second session on day two of the 2026 LRF Stockman School kicked off with a presentation on breeding better beef. Charné Claassen, division...

Foetal programming to BREEDPLAN: A jampacked second day at Stockman School

The second day of the Livestock Registering Federation’s (LRF) Stockman School at Aldam in the Free State kicked off with a session sponsored by...