Herlewingslandbou: Klimaatslim-ambassadeur besoek boere in Namibië

Estimated reading time: 2 minutes

Willie Storm, ’n bekende boer van die plaas Elliesrust in die Olifantshoek-distrik, is in 2025 as Veeplaas se Klimaatslim-ambassadeur van die jaar aangewys. Tydens die boeredag wat hy ná afloop van die kompetisie op sy plaas aangebied het, het hy sy suksesverhaal met boere gedeel. Heelwat boere uit Namibië het daardie dag bygewoon.

‘n Volgepakte program

Willie se passie en praktyke het ‘n indruk gemaak en daarom gaan hy gedurende Junie vanjaar ’n herlewingslandbou-toer deur Namibië onderneem. Die toer is gereël in samewerking met die Namibiese Landbou-unie en skop op 1 Junie by die Aroab Boerevereniging af. Altus van Schalkwyk sal as gasheer optree.

Die Hochfeld Agri-veiling vind om 10:00 op 3 Junie plaas, waarna Willie en Jaco Schlechter produsente sal toespreek oor bosbeheer, volhoubare weiding en seleksie vir aangepaste diere. Daar sal ook geleentheid vir vrae en bespreking wees. Op 4 Junie lei Willie ’n veldtoer wat om 10:00 op die plaas Wildwasser (D2147/D2148) begin.

Belangstellendes moet vóór 20 Mei 2026 by Jana Jacobi by 081 760 7641 registreer.

Kalkveld Agri-Megadag

Die toer stop egter nie hier nie. Op 6 Junie word die elfde Kalkfeld Agri-Megadag aangebied. Dit is een van die hoogtepunte van die toer, met die tema “Momentum, innovation and the future of farming”, waar Willie as hoofspreker sal optree.

Vir meer inligting kan boere 081 149 9228 skakel of by www.agrimegaday.com registreer. Meer as ‘n 100 uitstallers het reeds vir die dag bespreek.

Outjo, Aranos, Leonardville en Onder-Nossob

Van 11 tot 13 Junie besoek Willie die Rietfontein Boerevereniging, waar Emile Smit as gasheer optree. Daarna is hy op 15 Junie by die Outjo Streekslandbou-unie, waar Pieter Gouws as gasheer sal optree. Op 17 Junie beoog hy ’n plaasbesoek by Danie Visser in die Aranos-omgewing, asook moontlike besoeke aan ander boere daar.

Gert Martins tree op 18 Junie as gasheer op vir die Leonardville-boeredag. Van 20 tot 22 Junie is Willie by die Onder-Nossob Boerevereniging by Danny van Wyk en op 24 Junie is daar ’n boeredag by Timm Miller. Die toer sluit op 25 Junie af met ’n boeredag op Helmeringhausen.

Dit gaan ‘n besige toer wees en lok reeds groot belangstelling. Die program is tans nog onderhewig aan verandering, maar belangstellendes kan Willie Storm intussen skakel by 083 654 5460. – Koos du Pisanie, Plaas Media

Must read

Stamboek Times Mei 2026

Die jongste weergawe van SA Stamboek se nuusbrief, Stamboek Times, is nou beskikbaar. In die Mei-uitgawe kan lesers uitsien na die volgende: BGP2: Jaar 3 skop...

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 1 minute Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met Lise Roberts op RSG Landbou. Luister...

RSG Landbou: 14 Mei 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die jaarlikse Agri’s Got Talent-kompetisie, die 2026 LRF Veeskool en ons ontvang die nuutse...

LandbouRadio: 14 Mei 2026

In Donderdag, 14 Mei se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Christal-Lize Muller van Plaas Media gesels met Francois Knowles, registrateur van die Landbouprodukte-agenteraad,...

Die edel boegoe van Uitkyk

Estimated reading time: 5 minutes Daar is feitlik niks wat Jan-Louw du Plessis en sy ma, Elsabé du Plessis, van die plaas Uitkyk by Wellington...