In Dinsdag, 24 Maart se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende:
- Johan gesels met Prabashnie Ramouthar, ‘n nematoloog verbonde aan Farmers Agri, oor nematisiedes en nuwe vereistes vir pesbestryders.
- Pierré Vlok bied ‘n nostalgiese kykie op slagdag op die plaas.
- Carin Venter van Plaas Media het tydens ‘n Agri Overberg-inligtingsdag met Piet Lombard, ‘n navorser, gepraat oor die slakprobleem in die Kaap.
- Dr WA Lombard van die Universiteit van die Vrystaat gee ‘n oorsig van Februarie se landboumarkbewegings.
- Dawie Killian van die OVK-wolkantoor gee vir ons die nuutste wolmarkverslag.
Luister saam na LandbouRadio:
Alternatiewelik, besoek https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of vind ons op SoundCloud om daar na vorige uitsendings te luister: https://soundcloud.com/andbouadio.
Om op hoogte te bly en saam te gesels, volg ons op Facebook by @LandbouRadio. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

