In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit or die koringbedryf, hidrobreking in die Karoo en ons ontvang die nuutse wolmarkverslag.
Koringbedryf onder bespreking
Koringproduksie, veral in die Wes-Kaap, is onder geweldige druk en produsente trek swaar. Ons luister vanoggend wat José de Kock hieroor te sê gehad het na afloop van die wintergraan-werkgroepsessie by vanjaar se Graan SA-kongres.
Nuutste wolmarkverslag
Heinrich Victor vertel ook wat by die laaste wolveilings gebeur het.
Hidrobreking in die Karoo
Boere in die Noord-Kaap is bekommerd oor hidrobreking in die Karoo, omdat dit watervlakke baie sal beïnvloed. Verder is die Vaalputs kernkrag-stortingsterrein naby Springbok ook ‘n saak van kommer. Janse Rabe het tydens Agri Noord-Kaap se algemene jaarvergadering met ons hieroor gesels.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.
