HomeAgri NewsAfricaWindmakerige pryse vir windhonde op veiling

Windmakerige pryse vir windhonde op veiling

Estimated reading time: 2 minutes

Suider-Afrikaanse windhondtelers het altesame R2,4 miljoen betaal vir 65 uitsoek windhonde wat op sover bekend die grootste veiling van dié diere op Warmbad in Limpopo onder die hamer gekom het. Die duurste hond is teen R400 000 van die hand gesit.

Top windhond genetika

Paul van Vuuren van André Kock en Seuns, Limpopo, sê die windhonde kom uit van die bekendste bloedlyne in Amerika, Australië, en Ierland. Een van die voorouers, De Machine, van die reun Droopys Cain uit Precious Story, is een van die bekendste windhonde in Ierland wat die vyfde meeste prysgeld in wedrenne daar verdien het.

Die honde wat op die veiling aangebied is, is almal vir spoed geteel en nie vir jagdoeleindes nie. Kopers van oral oor het dié veiling bygewoon om van die uitsonderlike teelmateriaal te bekom. Die honde het beskikbaar geraak toe die vennootskap tussen Paul se V8-stoetery en Gert du Plessis se Namibian Greyhounds van Okahandja in Namibië beëindig is, en hulle besluit het om die 65 honde op ʼn veiling te verkoop. Die honde is by Paul aangehou. Die stoeterye gaan afsonderlik voortbestaan en Gert se honde gaan Namibië toe.

Peperduur

Paul het die teef Precious Story teen R400 000 teruggekoop en Gert het die tweede hoogste prys betaal toe hy die teef Baily vir R275 000 gekoop het. Hy het ook R150 000 betaal vir die reun Black Magic. Bekende telers van oor die land, en Botswana en Namibië het ook van die diere gekoop.

Jean Nieuwoudt van Wolmaransstad het R110 000 vir die hond Jet Fuel uitgehaal en Dirk Serfontein van Greyhound Kennels het van die ingevoerde klein hondjies aangeskaf. Verskeie ander stoeterye het ook van die uitstekende teelmateriaal gekoop.

Paul sê De Machine het een van die grootste wedrenne in Ierland gewen en in nog ʼn groot wedren tweede geëindig. Gert het hom gekoop en Paul het ook ’n aandeel in die hond wat hulle nou gebruik om mee te teel.

Teeldoelwit: Spoed, nie jag

Hoewel hondewedrenne nie in Suid-Afrika gehou word nie, vind dit nog in Botswana en ander Afrikalande plaas. Die telers voorsien hoofsaaklik honde vir dié mark, en van die honde word ook weer na Ierland en ander oorsese lande uitgevoer. – Andries Gouws, Plaas Media

LandbouRadio: 8 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Woensdag, 8 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons spring weg met...

Dynamics of the South African lucerne hay industry (Part 4): Producer prices

Estimated reading time: 8 minutes The previous articles in this series focussed on aspects relating to grading, quality, production areas,...

LandbouRadio: 7 April 2026

Estimated reading time: 1 minute In Dinsdag, 7 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Johan gesels met dr...

RSG Landbou: 7 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die gemmerbedryf, die Nasionale Wolkwekersvereniging se 100ste bestaansjaar en...

RSG Landbou: 6 April 2026

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor die 2026 LRF Veeskool, AFSTA se kongres en ons...

LandbouRadio: 6 April 2026

In Maandag, 6 April se LandbouRadio, kan jy uitsien na die volgende: Ons skop af met onkruidkenner, prof Charlie Reinhardt,...

Keep exploring...

Landboumarkte: April 2025 ’n goeie maand vir rooivleispryse

Estimated reading time: 2 minutes In die maand verslag vir April 2025 sien ons dat die rand aan die begin van die maand verswak het,...

Landboumarkte: Mei 2025 Die styging in skaapvleispryse begin taan

Estimated reading time: 3 minutes Gedurende Mei 2025 het ons gesien hoe die rand stelselmatig teenoor die Amerikaanse dollar versterk het en die maand afsluit...