In vanoggend se RSG Landbou gesels Lise Roberts met die Simbra-beestelersgenootskap en sy hoor ook weer van Chris Derksen oor die vleispryse by veilings.
Simbra se werkswinkel
Die Simbra-beestelersgenootskap het onlangs ‘n werkswinkel vir keurders en beoordelaars aangebied. Kobus Bester gesels daaroor en brei ook uit oor die betekenis van ‘n moederras waarvoor Simbra bekend is.
Vleispryse en veilings
Chris Derksen is terug met die nuutste vleispryse wat hierdie week by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is en André van der Merwe praat oor die Oos-Vrystaat Brangusveiling van 10 Junie.
RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.