HomeMagazinesWerkstye en rustye op Suid-Afrikaanse plase

Werkstye en rustye op Suid-Afrikaanse plase

Estimated reading time: 4 minutes

  • In Suid-Afrika word plaaswerkers se werksure hoofsaaklik bepaal deur Sektorale Vasstelling 13 (SV13).
  • Een van die kernaspekte van SV13 is minimum rusperiodes vir plaaswerkers, wat noodsaaklik is vir hulle gesondheid en welstand. Dit is ’n wetlike vereiste om seker te maak dat werkers voldoende tyd het om te herstel tussen werksessies.
  • Ingevolge SV13 mag werknemers ’n maksimum van 45 normale ure per week werk. Dit word verder gereguleer, afhangend van hoeveel dae die werknemer per week werk.
  • Ingevolge SV13 is ’n plaaswerker ná vyf ure se aaneenlopende werk geregtig op ‘n een-uur-lange etebreek. Hierdie breek mag op grond van ‘n skriftelike ooreenkoms tot 30 minute verkort word.
  • SV13 skryf verder ’n daaglikse rusperiode voor, wat bepaal dat ’n werknemer minstens 12 aaneenlopende ure rus kry tussen skofte.

In Suid-Afrika word plaaswerkers se werksure hoofsaaklik bepaal deur Sektorale Vasstelling 13 (SV13). Hierdie vasstelling is in die Staatskoerant gepubliseer ingevolge die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997) of die WBDV, soos gewysig.

Ander wette en regulasies wat werkgewers ook in ag moet neem om werknemers se veiligheid en gesondheid te bewaar, sluit onder andere in die Goeie Praktykskode op die Regulering van Werktyd (gepubliseer ingevolge die WBDV) en wetgewing wat verband hou met beroepsgesondheid en -veiligheid.

Een van die kernaspekte van SV13 is minimum rusperiodes vir plaaswerkers, wat noodsaaklik is vir hulle gesondheid en welstand. Dit is ’n wetlike vereiste om seker te maak dat werkers voldoende tyd het om te herstel tussen werksessies. Vier belangrike aspekte om in ag te neem rakende die regulering van werkstyd sluit in normale wersktye, oortyd, etetye en rusperiodes.

Normale werksure

Ingevolge SV13 mag werknemers ’n maksimum van 45 normale ure per week werk. Dit word verder gereguleer, afhangend van hoeveel dae die werknemer per week werk (hierdie werktye sluit die daaglikse etebreek uit):

  • Indien die werknemer vyf dae of minder per week werk, is die maksimum toelaatbare normale ure per dag beperk tot nege werksure.
  • Indien die werknemer vyf of meer dae per week werk, is die maksimum toelaatbare normale ure per dag beperk tot agt werksure.

Leer die verskil tussen wangedrag en onbevoegheid hier.

Etebreek

Ingevolge SV13 is ’n plaaswerker ná vyf ure se aaneenlopende werk geregtig op ‘n een-uur-lange etebreek. Hierdie breek mag op grond van ‘n skriftelike ooreenkoms tot 30 minute verkort word.

Die etebreek is onbetaalde tyd, maar die werknemer moet betaal word as van hom/haar verwag word om in hul etenstyd te werk, omdat daar nie ander werknemers is wat die spesifieke werk kan doen nie, en as die werk nie kan oorstaan tot ná die etebreek nie. Die werknemer moet ook betaal word as van hom of haar verwag word om te werk in ’n breek van langer as 75 minute, behalwe as hulle op die plaas woon.

Oortyd

Oortyd verwys na tye wanneer die werknemer vereis word om te werk, maar wat buite die werknemer se normale daaglikse en weeklikse gekontrakteerde werksure val. Oortyd word streng gereguleer. ’n Werkgewer mag net vereis of toelaat dat ’n plaaswerker, soos per ooreenkoms, ’n maksimum van 15 ure oortyd per week werk, en mag nie toelaat dat die plaaswerker meer as 12 ure per dag werk nie (oortyd ingesluit).

Lees meer oor vastetermynkontrakte hier.

Daaglikse en weeklikse rusperiodes

SV13 skryf verder ’n daaglikse rusperiode voor, wat bepaal dat ’n werknemer minstens 12 aaneenlopende ure rus kry tussen skofte. Hierdie tydperk kan per ooreenkoms verkort word na tien ure, mits die werknemer ’n etebreek van drie ure het en op die plaas woon.

Soortgelyk is daar ’n verpligting op die werkgewer om vir sy plaaswerker ’n weeklikse rusperiode van minstens 36 aaneenlopende ure te gee, of alternatiewelik per ooreenkoms ’n rusperiode van 60 aaneenlopende ure elke tweede week. Die rusperiode moet ’n Sondag insluit, tensy albei partye andersins ooreenkom.

Bo en behalwe die bogenoemde wat die algemeenste voorkom, maak wetgewing wel voorsiening vir ander moontlike uiteensettings van werksure vir plaaswerkers. Dit sluit in voorsiening vir die verlenging van gewone werksure vir plaaswerkers, saamgeperste werksweke, asook die opsies vir werkgewers om aansoek te doen om tydelike kwytskelding van die toepassing van sekere dele van die wet.

Elk van die opsies het sy eie voordele, nadele en vereistes. Dus is dit belangrik vir werkgewers om die advies van ’n regskenner in te win om hulle by te staan om die werkstye van hul besigheid te beplan op grond van die vereiste wettige voorskrifte. – Hannes Latsky, regsadviseur, LWO Werkgewersorganisasie

Vir meer inligting, skakel Hannes Latsky by 071 485 3435 of epos hannes@lwo.co.za

LandbouRadio: 22 September 2026

Hierdie week se Landbouradio word moontlik gemaak deur Pioneer Saad.In Dinsdag, 22 September se LandbouRadio, kan jy uitsien...

Die toekoms is goud vir kanola in Suid-Afrika

Estimated reading time: 3 minutesGraan SA het vanjaar by NAMPO Kaap die geleentheid gebruik om groei in Suid-Afrika se...

Katoen-verwysingsprys: Week van 14 tot 18 September

Die Suid-Afrikaanse Katoenprodusente-organisasie (SAKPO), met die ondersteuning van Katoen SA, het ’n platform geskep om elke week ’n gemiddelde...

10 Telers met 1 visie: Top Brangus genetika by die Reinet en Vriende Prestige Brangus-veiling

Estimated reading time: 2 minutesWanneer tien van die land se mees toegewyde Brangus-telers kragte saamsnoer om hul beste genetika...

RSG Landbou: 21 September 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor die stand van die varkbedryf, Graan SA...

LandbouRadio: 21 September 2026

Hierdie week se Landbouradio word moontlik gemaak deur Pioneer Saad.In Maandag, 21 September se LandbouRadio, kan jy uitsien...

Keep exploring...

Landboumarkte: September 2025 Varkvleispryse behou sy stygende tendens

Estimated reading time: 3 minutesGedurende September het die rand vir ’n opeenvolgende maand teenoor die Amerikaanse dollar versterk en die maand op R17,25 vir...

Landboumarkte: November 2025 Varkvleispryse skiet verder op

Estimated reading time: 2 minutesDie rand versterk vir ’n derde maand in ’n ry teenoor die Amerikaanse dollar, en sluit die maand af op...