RSG Landbou: 21 September 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor die stand van die varkbedryf, Graan SA se paneelbespreking by AFMA Forum en ons ontvang die jongste landbounuus.

Stand van die varkbedryf

Het jy geweet dat 17 kommersiële varkplase in Suid-Afrika hierdie jaar bek-en-klouseer in hul kuddes gehad het? Dr Marlene Louw van die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie praat met ons oor die stand van dié bedryf, biosekuriteit en innoverende maniere om varkvleis meer aantreklik vir die verbruiker te maak.

Graan SA gesels by AFMA Forum

AFMA, die Vereniging van Veevoervervaardigers, het onlangs hul bekende forum aangebied en dr Tobias Doyer van Graan SA het daar met ons gesels. Hy was deel van ‘n paneelbespreking wat gefokus het op globale seine wat ‘n impak op die plaaslike mark se wisselvalligheid en prestasie het.

Jongste landbounuus

Moet ook nie ons weeklikse landbounuus misloop nie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Weidingsgehalte in die berugte doodmaakmaande

Estimated reading time: 7 minutesSuurveld kom hoofsaaklik in die hoëreënvalgebiede van die oostelike dele...

Boost young animals’ immunity before the lambing and calving season

Estimated reading time: 4 minutesVaccinating ewes and cows four to six weeks before lambing...

Klimaatslimboerdery bied kos vir die siel én die veld

Estimated reading time: 8 minutesDit het Veronica Rorich se passie geword om herwinningsboerdery aan...

AFMA Matrix September 2026 – Forum issue now available

Estimated reading time: 2 minutesThe September 2026 edition of AFMA Matrix is a special...